-
Lukas 22:10-13Die Bybel – Nuwe Wêreld-vertaling
-
-
10 Hy het vir hulle gesê: “Wanneer julle in die stad ingaan, sal ’n man wat ’n waterkruik dra, julle ontmoet. Volg hom tot in die huis waar hy ingaan.+ 11 En sê vir die eienaar van die huis: ‘Die Leermeester vra: “Waar is die gastevertrek waar ek die Pasga saam met my dissipels kan eet?”’ 12 En daardie man sal vir julle ’n groot bo-kamer wys wat ingerig is. Maak dit daar gereed.” 13 Toe het hulle vertrek en dit gevind net soos hy vir hulle gesê het, en hulle het vir die Pasga voorberei.
-