-
Matteus 14:3-5Die Bybel – Nuwe Wêreld-vertaling
-
-
3 Herodes* het Johannes vroeër gearresteer en hom geboei en hom in die tronk gesit weens Heroʹdias, die vrou van sy broer Filippus.+ 4 Want Johannes het vir hom gesê: “U mag haar nie as vrou hê nie.”+ 5 Maar al wou hy hom doodmaak, was hy bang vir die skare, omdat hulle geglo het dat hy ’n profeet is.+
-
-
Markus 6:17-20Die Bybel – Nuwe Wêreld-vertaling
-
-
17 Herodes het Johannes vroeër laat arresteer en hom laat boei en in die tronk gesit as gevolg van Heroʹdias, die vrou van sy broer Filippus, omdat hy met haar getrou het.+ 18 Want Johannes het vir Herodes gesê: “U mag nie die vrou van u broer as vrou hê nie.”+ 19 Heroʹdias het dus ’n wrok teen hom gekoester en wou hom doodmaak, maar sy kon nie. 20 Herodes was bang vir Johannes omdat hy geweet het dat Johannes ’n regverdige en heilige man is,+ en hy het hom beskerm. Wanneer hy na Johannes geluister het, was hy baie onseker oor wat om te doen, maar tog het hy graag na hom geluister.
-