-
Markus 1:35-38Die Bybel – Nuwe Wêreld-vertaling
-
-
35 Vroeg die oggend, terwyl dit nog donker was, het hy opgestaan en buitentoe gegaan, na ’n afgeleë plek, en daar het hy begin bid.+ 36 Maar Simon en dié wat by hom was, het hom gaan soek. 37 Toe hulle hom kry, het hulle vir hom gesê: “Almal soek u.” 38 Hy het vir hulle gesê: “Laat ons êrens anders gaan, na die dorpe hier naby, sodat ek ook daar kan preek, want dit is hoekom ek gekom het.”+
-