Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • Matteus 12:9-14
    Die Bybel – Nuwe Wêreld-vertaling
    • 9 Nadat hy daarvandaan vertrek het, het hy in hulle sinagoge ingegaan, 10 en daar was ’n man met ’n misvormde* hand.+ Omdat hulle ’n rede gesoek het om Jesus te beskuldig, het hulle hom gevra: “Mag ’n mens iemand op die Sabbat genees?”+ 11 Hy het vir hulle gesê: “As iemand onder julle een skaap het en daardie skaap op die Sabbat in ’n put val, sal hy dit dan nie gaan uithaal nie?+ 12 Hoeveel meer is ’n mens tog werd as ’n skaap! ’n Mens mag dus iets goeds op die Sabbat doen.” 13 Toe het hy vir die man gesê: “Steek jou hand uit.” En hy het dit gedoen, en dit het gesond geword, net soos die ander hand. 14 Maar die Fariseërs het uitgegaan en planne beraam om hom dood te maak.

  • Markus 3:1-6
    Die Bybel – Nuwe Wêreld-vertaling
    • 3 Hy het weer in ’n sinagoge ingegaan, en daar was ’n man met ’n misvormde* hand.+ 2 En hulle het hom fyn dopgehou om te sien of hy die man op die Sabbat sou genees, sodat hulle hom kon beskuldig. 3 Hy het vir die man met die misvormde* hand gesê: “Staan op en kom na die middel toe.” 4 Daarna het hy vir hulle gevra: “Mag ’n mens op die Sabbat iets goeds of iets slegs doen, iemand se lewe* red of hom doodmaak?”+ Maar hulle het stilgebly. 5 Jesus het hulle kwaad aangekyk en was baie hartseer omdat hulle harte so ongevoelig was.+ Hy het vir die man gesê: “Steek jou hand uit.” En hy het dit gedoen, en sy hand het gesond geword. 6 Toe het die Fariseërs uitgegaan en onmiddellik saam met Herodes se ondersteuners+ planne beraam om hom dood te maak.

Afrikaanse publikasies (1975-2025)
Meld af
Meld aan
  • Afrikaans
  • Deel
  • Voorkeure
  • Copyright © 2026 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
  • Gebruiksvoorwaardes
  • Privaatheidsbeleid
  • Privaatheidsinstellings
  • JW.ORG
  • Meld aan
Deel