-
Markus 9:19-27Die Bybel – Nuwe Wêreld-vertaling
-
-
19 Hy het hulle geantwoord: “Julle is so ’n ongelowige geslag!+ Hoe lank moet ek by julle bly? Hoe lank moet ek julle verdra? Bring hom na my toe.”+ 20 Hulle het die seun na Jesus toe gebring, maar toe die gees hom sien, het hy die kind dadelik stuiptrekkings laat kry. Nadat die kind op die grond neergeval het, het hy bly rondrol, en skuim het by sy mond uitgekom. 21 Toe het Jesus die pa gevra: “Hoe lank gebeur dit al met hom?” Hy het gesê: “Van kleins af, 22 en die gees het hom dikwels in die vuur en ook in die water gegooi om hom dood te maak. Maar as u enigiets kan doen, betoon genade aan ons en help ons.” 23 Jesus het vir hom gesê: “Hoekom sê jy: ‘As u kan’? Alles is moontlik vir die een wat geloof het.”+ 24 Onmiddellik het die kind se pa uitgeroep: “Ek het geloof! Help my waar ek geloof nodig het!”+
25 Toe Jesus sien dat ’n skare vinnig op pad na hulle toe is, het hy streng met die onrein gees gepraat en vir hom gesê: “Jou stom en dowe gees, ek beveel jou: Gaan uit hom uit en moenie weer in hom ingaan nie!”+ 26 Nadat hy geskree het en baie stuiptrekkings gekry het, het die gees uitgekom. Dit het gelyk asof die kind dood is, en daarom het die meeste van die mense gesê: “Hy is dood!” 27 Maar Jesus het die kind se hand geneem en hom opgehelp, en hy het opgestaan.
-