-
Matteus 26:57, 58Die Bybel – Nuwe Wêreld-vertaling
-
-
57 Die mense wat Jesus in hegtenis geneem het, het hom weggelei na Kaʹjafas,+ die hoëpriester, waar die skrifgeleerdes en die ouermanne bymekaargekom het.+ 58 Maar Petrus het hom op ’n goeie afstand bly volg, tot by die binnehof van die hoëpriester, en nadat hy daar ingegaan het, het hy by die huisknegte gaan sit om te sien wat sou gebeur.+
-
-
Markus 14:53, 54Die Bybel – Nuwe Wêreld-vertaling
-
-
53 Hulle het Jesus toe weggelei na die hoëpriester toe,+ en al die hoofpriesters en die ouermanne en die skrifgeleerdes het bymekaargekom.+ 54 Maar Petrus het hom op ’n goeie afstand tot in die binnehof van die hoëpriester gevolg, en hy het by die huisknegte gesit en hom by ’n helder vuur warm gemaak.+
-