Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • Matteus 8:24
    Die Bybel – Nuwe Wêreld-vertaling
    • 24 Skielik het daar ’n groot storm oor die see opgekom, en golwe het bo-oor die boot gespoel, maar Jesus het gelê en slaap.+

  • Matteus 14:24-33
    Die Bybel – Nuwe Wêreld-vertaling
    • 24 Die boot was toe al honderde meters* van die land af en is deur die golwe rondgegooi, want die wind was teen hulle. 25 Maar in die vierde nagwaak* het hy op die see na hulle toe aangeloop gekom. 26 Toe die dissipels hom op die see sien loop, was hulle geskok en het hulle gesê: “Dit is ’n verskyning!” En hulle het uitgeroep van vrees. 27 Maar Jesus het dadelik vir hulle gesê: “Bedaar! Dit is ek. Moenie bang wees nie.”+ 28 Petrus het hom geantwoord: “Here, as dit u is, beveel my om oor die water na u toe te kom.” 29 Hy het gesê: “Kom!” Toe het Petrus uit die boot geklim en oor die water geloop en na Jesus toe gegaan. 30 Maar toe hy na die windstorm kyk, het hy bang geword. En toe hy begin sink, het hy uitgeroep: “Here, red my!” 31 Jesus het onmiddellik sy hand uitgesteek en hom gegryp en vir hom gevra: “Waar is jou geloof? Hoekom het jy begin twyfel?”+ 32 Nadat hulle in die boot geklim het, het die windstorm gaan lê. 33 Toe het dié in die boot aan hom eer bewys* en gesê: “U is werklik God se Seun.”

Afrikaanse publikasies (1975-2025)
Meld af
Meld aan
  • Afrikaans
  • Deel
  • Voorkeure
  • Copyright © 2026 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
  • Gebruiksvoorwaardes
  • Privaatheidsbeleid
  • Privaatheidsinstellings
  • JW.ORG
  • Meld aan
Deel