24 “Daarom sal elkeen wat my woorde hoor en dit doen, soos ’n verstandige man wees wat sy huis op die rots gebou het.+ 25 En die reën het neergestort en die vloedwaters het gekom en die winde het gewaai en aan daardie huis geruk, maar dit het nie ineengestort nie, want dit was op die rots gebou.