-
Eksodus 18:2-4Die Bybel – Nuwe Wêreld-vertaling
-
-
2 Jetro, Moses se skoonpa, het Sippoʹra, Moses se vrou, by hom in sy huis laat bly nadat Moses haar na hom toe teruggestuur het 3 saam met haar twee seuns.+ Die een seun se naam was Gersom,*+ want Moses het gesê: “Ek het ’n uitlander geword wat in ’n vreemde land woon.” 4 Die ander seun se naam was Eliëser,* want hy het gesê: “Die God van my vader is my helper. Hy het my van Farao se swaard gered.”+
-