-
Handelinge 9:3-8Die Bybel – Nuwe Wêreld-vertaling
-
-
3 Toe hy naby Damaskus gekom het, het daar skielik ’n lig uit die hemel op hom geskyn,+ 4 en hy het op die grond geval en gehoor hoe ’n stem vir hom vra: “Saul, Saul, hoekom vervolg jy my?” 5 Hy het gevra: “Wie is u, Here?” Die stem het gesê: “Ek is Jesus,+ die een wat jy vervolg.+ 6 Maar staan op en gaan in die stad in, en daar sal vir jou gesê word wat jy moet doen.” 7 Die mans wat saam met hom gereis het, was so verbaas dat hulle niks kon sê nie, want hulle het ’n stem gehoor, maar niemand gesien nie.+ 8 Saulus het toe van die grond af opgestaan, en al was sy oë oop, kon hy niks sien nie. Hulle het hom dus aan die hand gelei en hom in Damaskus ingebring.
-
-
Handelinge 26:13-15Die Bybel – Nuwe Wêreld-vertaling
-
-
13 het ek, o Koning, in die middel van die dag ’n lig op die pad gesien wat helderder as die son was. Dit het uit die hemel op my geskyn, en op dié wat saam met my gereis het.+ 14 En toe ons almal op die grond val, het ek gehoor hoe ’n stem in Hebreeus vir my sê: ‘Saul, Saul, hoekom vervolg jy my? Jy maak dit vir jouself moeilik deur teen die prikkels* te bly skop.’ 15 Maar ek het gesê: ‘Wie is u, Here?’ En die Here het gesê: ‘Ek is Jesus, wat jy vervolg.
-