15 En ek het die hoop op God, ’n hoop waarna hierdie manne ook uitsien, dat daar ’n opstanding+ van die regverdiges en die onregverdiges+ sal wees. 16 As gevolg hiervan probeer ek om altyd ’n skoon gewete voor God en mense te hê.+
12 Want ons is trots op ons skoon gewete omdat ons ons in die wêreld en veral teenoor julle met heiligheid en goddelike opregtheid gedra het. Ons het ons nie met menslike* wysheid gedra nie,+ maar met God se onverdiende goedheid.