-
Handelinge 15:7-9Die Bybel – Nuwe Wêreld-vertaling
-
-
7 Ná ’n lang, intense bespreking het Petrus opgestaan en vir hulle gesê: “Manne, broers, julle weet goed dat God my lank gelede onder julle uitgekies het sodat mense van die nasies die woord van die goeie nuus uit my mond sou hoor en glo.+ 8 En God, wat die hart ken,+ het bewys dat hy hulle aanvaar deur die heilige gees aan hulle te gee,+ net soos hy dit ook aan ons gegee het. 9 En hy het glad nie enige onderskeid tussen ons en hulle gemaak nie,+ maar hy het hulle harte deur geloof gereinig.+
-