-
Eksodus 34:33-35Die Bybel – Nuwe Wêreld-vertaling
-
-
33 Wanneer Moses klaar met hulle gepraat het, het hy ’n sluier oor sy gesig gesit.+ 34 Maar wanneer Moses voor Jehovah ingegaan het om met hom te praat, het hy die sluier afgehaal totdat hy uitgegaan het.+ Dan het hy uitgegaan en die bevele wat hy ontvang het, aan die Israeliete bekend gemaak.+ 35 En wanneer die Israeliete gesien het dat Moses se gesig lig uitstraal, het Moses die sluier weer oor sy gesig gesit totdat hy ingegaan het om met God te praat.+
-