Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • Handelinge 8:3
    Die Bybel – Nuwe Wêreld-vertaling
    • 3 Saulus het egter gewelddadig teen die gemeente begin optree. Hy het in een huis ná die ander ingegaan en mans sowel as vrouens uitgesleep en hulle in die tronk laat gooi.+

  • Handelinge 9:1, 2
    Die Bybel – Nuwe Wêreld-vertaling
    • 9 Maar Saulus, wat nog steeds die dissipels van die Here gedreig het+ en hulle wou vermoor, het na die hoëpriester toe gegaan 2 en hom gevra om briewe vir die sinagoges in Damaskus te skryf, sodat hy enigiemand wat hy gevind het wat aan Die Weg behoort,+ mans en vrouens, in boeie kon sit en hulle na Jerusalem kon bring.

  • Handelinge 22:4
    Die Bybel – Nuwe Wêreld-vertaling
    • 4 Ek het hierdie Weg tot die dood toe vervolg en mans sowel as vrouens geboei en aan tronke oorgelewer,+

  • Handelinge 26:9-11
    Die Bybel – Nuwe Wêreld-vertaling
    • 9 Persoonlik was ek daarvan oortuig dat ek alles in my vermoë moes doen om die naam van Jesus die Nasarener teë te staan. 10 Dit is presies wat ek in Jerusalem gedoen het, en met die toestemming van die hoofpriesters+ het ek baie van die heiliges in tronke opgesluit,+ en wanneer hulle doodgemaak moes word, het ek daarvoor gestem. 11 En ek het hulle probeer dwing om hulle geloof te verlaat deur hulle dikwels in al die sinagoges te straf, en omdat ek briesend kwaad was vir hulle, het ek hulle selfs in ander stede vervolg.

Afrikaanse publikasies (1975-2027)
Meld af
Meld aan
  • Afrikaans
  • Deel
  • Voorkeure
  • Copyright © 2026 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
  • Gebruiksvoorwaardes
  • Privaatheidsbeleid
  • Privaatheidsinstellings
  • JW.ORG
  • Meld aan
Deel