-
Handelinge 2:29-32Die Bybel – Nuwe Wêreld-vertaling
-
-
29 “Manne, broers, laat my toe om reguit met julle te praat oor die familiehoof Dawid. Hy het gesterf en is begrawe,+ en sy graf is tot vandag toe by ons. 30 Hy was ’n profeet en het geweet dat God hom met ’n eed belowe het dat Hy een van sy nakomelinge op sy troon sou laat sit,+ en daarom 31 het hy die opstanding van die Christus vooraf gesien en daaroor gepraat. Hy het gesê dat Christus nie in die Graf* agtergelaat sou word nie en dat sy liggaam* ook nie sou ontbind nie.+ 32 God het hierdie Jesus opgewek, en ons almal is getuies hiervan.+
-