19 Ons het hierdie hoop+ as ’n anker vir die siel.* Dit is seker en vas en lei ons verby die gordyn,*+20 waar ’n voorloper ter wille van ons ingegaan het, naamlik Jesus,+ wat vir ewig ’n hoëpriester soos Melgiseʹdek geword het.+
12 Hy het eens en vir altyd in die heiligdom ingegaan, nie met die bloed van bokke en jong bulle nie, maar met sy eie bloed,+ en hy het ’n ewige verlossing* vir ons verkry.+