Maleagi
4 “Want kyk, die dag kom en dit brand soos ’n oond.+ Dan sal al die vermeteles* en almal wat slegte dinge doen, soos strooi word. Die dag wat kom, sal hulle beslis verslind,” sê Jehovah van die leërmagte, “en hulle met wortel en tak uitroei. 2 Maar die son van regverdigheid sal skyn op julle wat my naam eer,* met genesing in sy strale,* en julle sal vreugdevol rondspring soos vetgemaakte kalwers.”
3 “En julle sal die goddeloses onder julle voete vertrap, want hulle sal soos stof onder julle voete wees op die dag wanneer ek optree,” sê Jehovah van die leërmagte.
4 “Dink aan die Wet van my kneg Moses, die wetsvoorskrifte en oordele wat ek by Horeb aan die hele Israel gegee het om te gehoorsaam.+
5 “Kyk! Ek stuur vir julle die profeet Eliʹa+ voordat die groot en ontsagwekkende dag van Jehovah kom.+ 6 En hy sal die harte van pa’s terugbring na kinders,+ en die harte van kinders na pa’s, sodat ek nie kom en die aarde tref en dit vernietig nie.”
(Einde van die vertaling van die Hebreeus-Aramese Geskrifte, gevolg deur dié van die Christelike Griekse Geskrifte)