Job
26 Job het toe geantwoord:
2 “Hoe het jy nou die een gehelp wat nie krag het nie?
Hoe het jy die persoon gered wat swak is?+
3 Watter wonderlike raad het jy tog gegee aan iemand wat nie wysheid het nie!+
En hoe vrygewig was jy tog met jou praktiese wysheid!
4 Vir wie is jou woorde eintlik bedoel?
En waar kom jy aan hierdie dinge?*
5 Dié wat magteloos is in die dood, bewe.
Hulle is selfs laer as die see en alles wat daarin woon.
10 Hy merk die horison* op die water af.+
Hy skei die lig van die duisternis.
11 Die pilare van die hemel skud.
Hulle bewe weens sy teregwysing.
12 Deur sy krag maak hy die see onstuimig,+
en deur middel van sy wysheid slaan hy die seemonster* stukkend.+
13 Met die wind* maak hy die lug skoon.
Hy vernietig die slang wat wegseil.
14 En dit is maar net ’n klein deeltjie van sy werke.+
Wat ons van hom gehoor het, is maar net ’n fluistering!
Wie kan dan sy magtige donderslae verstaan?”+