Job
37 “My hart gaan te kere.
Dit sit in my keel.
2 Luister aandagtig na die gedreun van God se stem
en na die donderslae wat uit sy mond kom.
3 Dit word oral onder die hemel gehoor.
Hy stuur sy weerlig+ tot aan die eindes van die aarde.
4 Dan is daar ’n gebrul.
Sy magtige stem dreun,+
en hy hou die weerlig nie terug wanneer sy stem gehoor word nie.
5 God se stem dreun+ op ’n wonderlike wyse.
Hy doen groot dinge wat ons nie kan verstaan nie.+
6 Want hy sê vir die sneeu: ‘Val op die aarde,’+
en vir die stortreën: ‘Val hard op die grond!’+
8 Die wilde diere gaan na hulle skuilplekke
en bly in hulle lêplekke.
11 Hy laat die wolke swaar word van vog.
Hy verstrooi sy weerlig+ in die wolke.
12 Hulle maal rond waar hy hulle beveel om te gaan.
Regoor die aarde voer hulle sy opdragte uit.+
14 Luister hierna, Job.
Staan stil en dink goed na oor die wonderlike werke van God.+
15 Weet jy hoe God die wolke beheer
en hoe hy weerlig vanuit sy wolk laat flits?
16 Weet jy hoe die wolke sweef?+
Dit is die wonderlike werke van die Een wat volmaakte kennis het.+
19 Vertel ons wat ons vir hom moet sê.
Ons kan nie antwoord nie, want ons ken nie die antwoorde nie.
20 Moet daar vir hom gesê word dat ek wil praat?
Of het iemand iets gesê wat hy moet hoor?+
Die wind moet eers die wolke wegwaai.
22 Uit die noorde kom goue prag.
God se majesteit+ is ontsagwekkend.
23 Om die Almagtige te verstaan, is buite ons bereik.+
24 Daarom moet mense hom vrees.+
Want mense wat dink dat hulle wys is, het nie sy goedkeuring nie.”+