Job
6 Toe het Job geantwoord:
2 “As my pyn+ maar net geweeg kon word
en saam met my rampspoed op die weegskaal gesit kon word!
3 Want dit is swaarder as die sand van die see.
Daarom was my woorde wilde praatjies.*+
God val my aan met vreesaanjaende dinge.
6 Eet ’n mens smaaklose kos sonder sout,
of is daar smaak in die sap van ’n malva?
7 Ek weier om daaraan te raak.
Dit is soos kos wat sleg geword het.
8 Ag, as ek maar kon kry wat ek vra
en as God maar net my wens sou vervul!
10 Selfs dít sou my vertroos.
Ek sou van vreugde spring ten spyte van die pyn,
want ek het nie die woorde van die Heilige verwerp nie.+
11 Het ek die krag om te bly wag?+
Wat lê vir my voor dat ek moet bly lewe?
12 Is ek so sterk soos klip?
Of is ek van koper gemaak?
13 Hoe kan ek myself help
as ek geen ondersteuning meer het nie?
15 My vriende* is so onbetroubaar+ soos ’n winterstroom,
soos die water van winterstrome wat opdroog.
16 Hulle vloei sterk
weens ys en sneeu wat smelt.
17 Maar in die somerhitte verdwyn hulle.
Wanneer dit warm word, droog hulle water op.
18 Hulle kronkel deur die woestyn,
en dan verdwyn hulle.
19 Die karavane van Tema+ soek na hulle.
Die reisigers van Skeba*+ wag vir hulle.
20 Hulle is teleurgesteld, want hulle het gedink dat daar water sal wees.
Hulle kom daar aan, en daar is niks.
21 Want dit is hoe julle vir my is.+
Julle het gesien hoe sleg dit met my gaan, en julle is bang.+
22 Het ek julle vir iets gevra,
of het ek gevra dat julle namens my ’n geskenk aan iemand moet gee?
24 Help my om te verstaan, en ek sal stilbly.+
Vertel my wat ek verkeerd gedoen het.
25 Eerlike woorde maak nie seer nie!+
Maar hoe sal die dinge wat julle sê, my help?+
28 Kyk nou na my,
want ek sal nie vir julle lieg nie.
30 Dink julle dat ek iets verkeerds gesê het?
Dink julle nie ek weet dat daar fout is nie?