Job
16 Job het toe geantwoord:
2 “Sulke dinge het ek al baie gehoor.
Julle is almal hopelose vertroosters!+
3 Sal hierdie leë woorde ooit tot ’n einde kom?
Hoekom antwoord jy* my op hierdie manier?
4 Ek sou ook soos julle kon praat.
5 Maar ek sou julle eerder versterk het met my woorde.
En ek sou julle vertroos het sodat julle verligting kon kry.+
7 Maar nou het hy my moeg gemaak.+
Hy het my hele huisgesin* verwoes.
8 U het my in u greep, en my toestand bewys dit.
Ek is so maer dat my toestand teen my getuig.
9 Sy woede het my verskeur, en hy beskou my as ’n vyand.+
Hy is baie kwaad* vir my.
My vyand kyk my woedend aan.+
10 Mense het hulle monde wyd oopgemaak,+
en hulle het my gespot en geklap.
In groot getalle kom hulle teen my.+
12 Ek het geen bekommernisse gehad nie, maar hy het my gebreek.+
Hy het my agter die nek gegryp en my stukkend geslaan.
Toe het hy my sy teiken gemaak.
13 Sy boogskutters omring my.+
Sy pyle veroorsaak diep wonde,*+ en hy voel nie jammer vir my nie.
Hy gooi my gal op die grond uit.
14 Ek is soos ’n muur waardeur hy herhaaldelik breek.
Hy storm op my af soos ’n soldaat.
15 Ek het saklinne aanmekaargewerk om my te bedek.+
En ek het my waardigheid* in die stof begrawe.+
18 Mag die aarde nie my bloed bedek nie!+
Laat my bloed namens my uitroep!
19 Selfs nou is my getuie in die hemel.
Hy wat vir my kan getuig, is in die hoogtes.