’n Prent wat hy nie kon vergeet nie
KAREN, wat al meer as twee dekades een van Jehovah se Getuies is, se pa wou nooit met haar oor godsdiens praat nie. Maar onlangs het dit verander. Hy was ’n ruk in die hospitaal ná ’n operasie. Eendag het hy, uit pure verveeldheid, ’n koerant van voor tot agter deurgelees. Hy was geskok. Later, toe hy weer by die huis was, het hy sy dogter gebel. Karen vertel: “My pa het vir my oor die telefoon gesê: ‘Karen, die wêreld het mal geword.’ Hy was veral ontsteld oor die manier waarop kinders mishandel word.
“Voordat ek kans gehad het om hom te bemoedig, het hy skielik gesê: ‘Twee dames het vandag na my huis toe gekom. Ek is gewoonlik in my tuin agter die huis, maar hulle het my voor in die tuin gekry. Een dame het my ’n prent van ’n pragtige tuin gewys. Ek wou vir haar sê: “Wel, jy moet my agterplaas sien—dis ’n pragtige tuin”, maar ek het nie. Toe het sy gesê dat die hele wêreld binnekort vrede sal hê. Sy het gesê dat dit soos daardie tuin sal wees, en dat almal dit sal geniet. Ek het nie die boek geneem nie. Maar nadat hulle weg is, kon ek nie daardie prent uit my kop kry nie. Ek het eenvoudig bly dink aan die prent en die gedagte van vrede vir almal. Weet jy van watter boek ek praat? Kan jy vir my een kry?’”
Karen het met graagte aan sy versoek voldoen. Die prent waarna haar pa verwys het, is die een wat jy hier sien. Die boek se titel is Kennis wat tot die ewige lewe lei. Wil jy graag meer uitvind oor die Bybel se belofte dat God binnekort die aarde in ’n aardwye tuin gaan verander waarin mense in vrede sal lewe? Jy kan hierdie boek ontvang deur die bygaande koepon in te vul en na die adres op die koepon of na die gepaste adres op bladsy 5 van hierdie tydskrif te pos.
□ Stuur asseblief vir my meer inligting oor hoe ek die boek Kennis wat tot die ewige lewe lei kan kry.
□ Tree asseblief met my in verbinding in verband met ’n gratis tuisbybelstudie.