Vir gesinsbespreking
Wat is verkeerd in hierdie prent?
Lees Ester 5:9–6:14. Watter drie dinge in hierdie prent is verkeerd? Skryf jou antwoorde hieronder neer, en voltooi die prent deur dit in te kleur.
1. ․․․․․
2. ․․․․․
3. ․․․․․
VIR BESPREKING:
Waarom het Haman Mordegai gehaat?
Leidraad: Lees Ester 5:9.
Tot watter verkeerde slotsom het Haman gekom omdat hy trots was?
Leidraad: Lees Ester 6:6.
Wat het met Haman gebeur?
Leidraad: Lees Ester 7:9, 10.
Hoe kan jy dit vermy om soos Haman te wees?
Leidraad: Lees Spreuke 16:18, 19; Jakobus 4:6.
GESINSAKTIWITEIT:
Lees die Bybelverslag saam. Indien moontlik, kan een gesinslid die verteller se woorde lees, ’n tweede Haman se woorde, ’n derde Seres en die bediendes s’n en ’n vierde die koning s’n.
Versamel en leer
Knip uit, vou in die helfte en bêre
BYBELKAART 4 ESTER
VRAE
A. Watter koningin is deur Ester vervang?
B. Voltooi die Bybel se stelling: “Die hele tyd het Ester steeds . . . ”
C. Vul die oop spasies in. Ester se Hebreeuse naam was ․․․․․, en haar ouer neef ․․․․․ het haar voog geword.
[Tabel]
4026 VHJ Adam geskep
Het omstreeks 4400 VHJ gelewe
1 HJ.
98 HJ. Laaste Bybelboek geskryf
[Kaart]
Ester het gewoon in Susan, ’n stad in die Medo-Persiese Ryk
MEDIË
Susan
PERSIË
ESTER
PROFIEL
’n Weeskind wat die koningin van die Persiese koning Ahasveros geword het. Ester het haar lewe gewaag om ’n sameswering om die Jode te vernietig, bekend te maak (Ester 4:11, 15, 16). Haar moed, takt en onderdanige gees was op die ou end belangriker as haar fisiese skoonheid.—Ester 2:7; 1 Petrus 3:1-5.
ANTWOORDE
A. Vasti.—Ester 1:12; 2:16, 17.
B. “. . . guns gevind in die oë van almal wat haar gesien het.”—Ester 2:15.
C. Hadassa (wat mirt beteken), Mordegai—Ester 2:7.
Volke en lande
4. My naam is Joe-Djin. Ek is 7 jaar oud en woon in Korea, in Asië. Omtrent hoeveel Getuies van Jehovah is daar in Korea? Is dit 9 700, 37 900 of 96 600?
5. Watter kolletjie wys waar ek woon? Trek ’n sirkel daarom, maak ’n kolletjie waar jy woon en kyk hoe ver jy van Korea af is.
A
B
C
D
Prentejag vir kinders
Kan jy hierdie prente in die tydskrif vind? Beskryf in jou eie woorde wat in elke prent gebeur.
● Antwoorde op vrae op bladsye 30 en 31 is op bladsy 15
ANTWOORDE OP VRAE OP BLADSYE 30 EN 31
1. Mordegai moet op die koning se perd ry, nie in ’n strydwa nie.
2. Mordegai moet die koning se koninklike klere aanhê, nie ’n gewone kleed nie.
3. Mordegai het op die openbare stadsplein gery, nie buite die stadsmuur nie.
4. 96 600.
5. D.