Lied 98
Saai die Koninkryksaad
1. O, kom elke slaaf van Jehovah,
Wat hom met sy hele hart dien.
Neem deel aan die werk van ons Meester,
Hy wil ons daarmee besig sien.
Die saad van die waarheid saai ons met moed
Op harte wat vrug sal kan dra;
Tot eer en verheerliking van God se naam
Sal ons werk in die veld soos hy vra.
2. Die Koninkryksaad wat gesaai word,
Lyk dalk of dit goed begin groei.
Maar val dit op grond sonder diepte,
Sal teenstand dit gou-gou verskroei.
Die dorings van hebsug sal dit verstik;
Die wêreld se goed trek hul aan.
Tog val daar ook saad op die vrugbare grond
Wat sal vrug dra en ewig bly staan.
3. Hoe ons hierdie opdrag benader,
Dra by tot sukses in ons taak.
Geduld asook liefde vir naaste
Laat slapende harte ontwaak.
Deur waaksaam te wees, verdryf jy hul vrees,
Dat niks hulle vord’ring sal keer.
En later van tyd sal jy vreugdevol oes,
Dertig, sestig of honderd keer meer.
(Sien ook Matt. 13:19-23; 22:37.)