Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • wcg hfst. 42 bl. 192-195
  • Die moed om ja te sê

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Die moed om ja te sê
  • Wees moedig en maak God gelukkig
  • Onderhofies
  • Soortgelyke materiaal
  • Soek dieper
  • Dink aan die lesse
  • Dink na oor die groter prentjie
  • Leer meer
  • “Kyk! Jehovah se slavin!”
    Volg hulle geloof na
  • “Kyk! Jehovah se slavin!”
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—2008
  • Wat ons uit Maria se voorbeeld kan leer
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—2009
  • “Sy het gedoen wat sy kon”
    Wees moedig en maak God gelukkig
Sien nog
Wees moedig en maak God gelukkig
wcg hfst. 42 bl. 192-195

42 MARIA

Die moed om ja te sê

Gedrukte weergawe
Gedrukte weergawe

WAT is die belangrikste toewysing wat Jehovah al ooit vir ’n onvolmaakte mens gegee het? Dink aan ’n jong Joodse maagd met die naam Maria. Eendag, toe sy by haar huis in Nasaret in Galilea was, het sy skielik ’n buitengewone besoeker gekry – die engel Gabriël!

“Goeiedag, jy wat grootliks deur God geseën is. Jehovah is met jou,” het die engel gesê. Maria was eers “geskok”. Sy het nie gedink dat sy sulke eer verdien nie. Gabriël het haar vertroos en vir haar gesê dat sy “God se goedkeuring” het. Toe vertel hy haar oor ’n spesiale toewysing van Jehovah af. Hy het op hierdie manier begin: “Jy sal swanger word en geboorte gee aan ’n seun.” Maar daar was meer: “Hy sal groot wees en die Seun van die Allerhoogste genoem word.” Haar seun sou as Koning regeer, die belangrikste erfgenaam van koning Dawid.

Maria het die moed bymekaargeskraap om ’n logiese vraag te vra. Sy was verloof, maar nog nie getroud nie; sy het nog nooit seksuele omgang met ’n man gehad nie. Sy het gevra: “Hoe sal dit kan gebeur?” Gabriël het verduidelik dat Jehovah se eie krag, sy heilige gees oor haar sou kom, en sou veroorsaak dat sy geboorte gee aan ’n volmaakte kind. Hy sou “heilig wees en God se Seun genoem word”. Hy het ook vir haar gesê wat Jehovah vir haar familielid Elisabet gedoen het. Dit was genoeg bewyse vir Maria. Sy het eenvoudig gesê: “Kyk! Jehovah se slavin! Mag alles wat u gesê het, met my gebeur.” Sy het Jehovah as haar liefdevolle Meester gesien en haarself as ’n gehoorsame slavin. Sy het vertrou dat sy altyd veilig in Jehovah se magtige hande sou wees as sy Sy wil doen. Daardie beskouing het haar die moed gegee om ja te sê vir hierdie baie belangrike toewysing.

Maria, wat oorweldig is met emosies, kniel op die vloer en praat met die engel Gabriël.

Nadat die engel weg was, het Maria Elisabet gaan sien. Die twee vrouens het mekaar versterk vir wat vir hulle voorgelê het. Maria het oor haar eie geloof gepraat en so gewys waar die meeste van haar moed vandaan gekom het. In ’n kort gesprek het sy meer as 20 keer na die Hebreeuse Geskrifte verwys! As ’n vrou van sterk geloof, het Maria diep nagedink oor God se Woord. En daarom het sy Jehovah goed geken en baie redes gehad om sy beloftes te vertrou. Maria het vir drie maande by Elisabet gebly voordat sy terug huis toe gegaan het. Sy het baie moed nodig gehad om vir Josef te vertel dat sy swanger is en hoe dit gebeur het. Josef het dit eers moeilik gevind om Maria se storie te glo, maar Jehovah se engel het hom gehelp om te verstaan dat Maria die waarheid praat.

Nadat Maria en Josef getrou het, het die tyd nader gekom vir haar om geboorte te gee. Maar Josef het haar saam met hom na Betlehem gevat, want die keiser het beveel dat al die mense geregistreer moet word. Dit moes seker moeilik gewees het om in haar toestand vir omtrent 150 kilometer op ’n donkie te reis. Maar sy het gegaan. Sy het toe in ’n stal geboorte gegee en die baba in ’n krip, wat gebruik was om diere te voer, neergelê. Maar sy was moedig en het op Jehovah vertrou. Sy was vasbeslote om haar bes te doen met dit wat sy gehad het om vir hierdie kosbare seun te sorg.

’n Engel het vir Maria ’n spesiale toewysing gegee wat God nog nooit vir enige ander mens gegee het nie

Maria sou moed nodig hê vir die dae en jare wat voorgelê het. Sy het dit nodig gehad toe sy, Josef en klein Jesus na Egipte moes vlug omdat koning Herodes Jesus wou doodmaak. Sy het dit nodig gehad toe sy en Josef, alhoewel hulle arm was, nog ten minste ses kinders moes grootmaak. Sy het dit nodig gehad toe sy haar geliefde man, Josef, verloor het, moontlik voordat Jesus die Messias geword het. Sy het dit nodig gehad toe Jesus die huis verlaat het om sy toewysing uit te voer. Maar nog belangriker, sy het dit nodig gehad toe Jesus valslik beskuldig was, gevange geneem was en doodgemaak was. En laastens, sy het moed nodig gehad toe sy by haar seun se volgelinge aangesluit het en die haat van die Joodse gemeenskap ondervind het.

Maria het ’n gewigtige toewysing gehad! Waar het sy die moed gekry om dit uit te voer? Die Bybel wys dat Maria alles wat haar geloof versterk het, in haar hart bewaar het. So sy het ’n oorvloed geestelike skatte gehad. Party het van God se Woord gekom, party het van engele en ander knegte van Jehovah gekom en party het van haar seun gekom. Soos Maria nagedink het oor hierdie geestelike waarhede, het dit haar die moed gegee om elke uitdaging wat op haar pad gekom het, tot die einde toe, suksesvol te hanteer.

Lees die Bybelverslag:

  • Lukas 1:​26-56; 2:​1-7, 19, 48-51

Om te bespreek:

Hoe het Maria gewys dat sy moedig is?

Soek dieper

  1. 1. Watter geskiedkundige bewyse ondersteun wat in Lukas 2:​1-3 genoem word? (g 4/11 11 ¶4-5) A

    British Library, London, UK, from the British Library archive/Bridgeman Images

    Prent A: ’n Bevel vir ’n sensus deur die Romeinse goewerneur van Egipte in 104 HJ

  2. 2. Hoekom sou ’n reis na Betlehem vir Maria moeilik wees? (ia 153-155 ¶4-7)

  3. 3. Toe Jesus nog ’n babatjie was, was daar vir Maria gesê: “’n Lang swaard [sal] deur jou gesteek word.” Hoe het daardie woorde waar geword? (Luk. 2:35; w08 3/15 30 ¶8)

  4. 4. Hoekom kan ons sê dat Maria met lewe in die hemel beloon was? (w18.07 10 ¶14) B

    Maria en haar drie seuns loop in ’n besige straat in Jerusalem.

    Prent B: Maria en haar seuns was in Jerusalem ’n paar dae voor Pinkster 33 HJ

Dink aan die lesse

  • Toe Maria krag en aanmoediging nodig gehad het, het sy by Elisabet gaan kuier (Luk. 1:​39, 40). Hoekom moet ons vir hulp vra wanneer ons deur ’n moeilike tyd gaan of met ’n toewysing sukkel? C

    Collage: 1. ’n Suster wat oorweldig is, sit by haar lessenaar en kyk na haar rekenaar en hardehoed. ’n Kalender met baie aktiwiteite hang teen die muur. 2. Die suster praat met ’n ervare ouer suster terwyl hulle in die huis-tot-huis-bediening werk.

    Prent C

  • Alhoewel Maria aan Josef verloof was, het Jehovah sy engel eers na Maria toe gestuur. Wat leer dit ons oor hoe Jehovah getroue vroue beskou?

  • Hoe kan jy Maria se moed navolg?

Dink na oor die groter prentjie

  • Wat leer hierdie verslag my oor Jehovah?

  • Hoe hou hierdie verslag verband met Jehovah se wil?

  • Hoekom is jy dankbaar dat Maria moontlik gekies was om saam met Christus in die hemel te regeer?

Leer meer

Kyk hoe Maria hard gewerk het om vir haar kinders te sorg.

“Wat ons uit Maria se voorbeeld kan leer” (w09 1/1 5 ¶5–6 ¶2)

Hoe het Maria gevoel om so ’n spesiale en gewigtige toewysing van Gabriël te kry?

“Kyk! Jehovah se slavin!” (3:40)

    Afrikaanse publikasies (1975-2025)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2026 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel