Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • w78 10/1 bl. 24
  • ’n Gebed word verhoor

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • ’n Gebed word verhoor
  • Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1978
Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1978
w78 10/1 bl. 24

’n Gebed word verhoor

IN DIE Samoa-eilande in die Stille Suidsee oefen die inboorlingopperhoofde groot invloed uit. Hulle het hoë agting vir hulle posisies en ontvang groot eerbied van die mense. Dit verg dus ’n sterk beweegrede om ’n opperhoof sy titel te laat prysgee en uit sy posisie te tree.

Dit was gevolglik ’n merkwaardige gebeurtenis toe een van hierdie manne van die eiland Savaii in Westelike Samoa bedank het en gesê het dat hy heeltemal neutraal wil wees wat politieke aangeleenthede betref om God te dien. Dit was nog meer buitengewoon, aangesien hierdie man ’n hooggeplaaste opperhoof was wat in talle gevalle as woordvoerder opgetree het vir Malietoa, een van die konings. Wanneer opperhoofde en konings van Samoa byeengekom het, het hierdie man dikwels die eerste gepraat.

Hierdie opperhoof het aan een van die Christendom se kerke behoort en daar hy graag meer omtrent God wou leer, het hy die leerstellings van talle kerke ondersoek. Maar hy het nooit geestelik versadig gevoel nie. Eendag het hy ontdek dat die pastoor van sy kerk die kerkgeld vir sy eie doelwitte aangewend het en talle luukseitems gekoop het. Hy het die kerklede hiervan verwittig en hulle het hom aangewys om met die pastoor te gaan praat. Die pastoor het gesê: “Wat ek met die geld doen, het niks met julle te doen nie; dit is streng ’n saak tussen my en Christus.” Toe hy dit hoor, het die opperhoof uit die kerk bedank en nooit weer teruggekeer nie.

Gedurende hierdie tydperk het die opperhoof privaat tot God gebid vir hulp om die waarheid te leer. Nadat hy eendag op hierdie wyse gebid het, het een van Jehovah se Getuies daar aangedoen en is daar onmiddellik met ’n studie begin. Mettertyd wou hierdie man sy lewe aan Jehovah toewy en nie langer ’n deel van die wêreld se politieke stelsel wees nie. Ten spyte van die aansien en rykdom wat met die titel gepaard gaan, het hy gemeen dat dit die beste is om geen politieke bande met die wêreld te hê nie (Jak. 4:4). As ’n gedoopte getuie van Jehovah doen hy nou sy bes om ander te help om die waarheid te leer.

    Afrikaanse publikasies (1975-2027)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2026 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel