Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • w83 5/1 bl. 31
  • Vrae van lesers

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Vrae van lesers
  • Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1983
  • Soortgelyke materiaal
  • ‘Let op Jesus’ terwyl wêreldonheil nader
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1983
  • Vrae van lesers
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan (Studie-uitgawe) – 2024
  • Bybelboek nommer 58—Hebreërs
    “Die hele Skrif is deur God geïnspireer en is nuttig”
  • Bring offers wat Jehovah behaag
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1989
Sien nog
Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1983
w83 5/1 bl. 31

Vrae van lesers

♦ Verwys Hebreërs 1:6 na Jesus se wederkoms?

Hoewel party Bybelvertalings hierdie vers weergee op ’n wyse wat die feit verberg, bestaan daar goeie rede om te glo dat hierdie vers betrekking het op Christus se wederkoms.

ln Hebreërs hoofstuk 1 het die apostel Paulus die aandag gevestig op Jesus se voortreflikheid ten opsigte van die engele. Verse 5 en 6 bevat drie aanhalings uit die Hebreeuse Skrifte wat Paulus in hierdie verband op Jesus toepas. Let veral op die twee kere wat die woord “weer” voorkom wanneer jy Hebreërs 1:5, 6 lees:

“Want aan wie van die engele het Hy [Jehovah God] ooit gesê: U is my Seun, vandag het Ek U gegenereer? en weer: Ek sal vir Hom ’n Vader wees, en Hy sal vir My ’n Seun wees? En wanneer Hy weer die Eersgeborene in die wêreld inbring, sê Hy: En al die engele van God moet Hom aanbid.”—Hebreërs 1:5, 6.

ln vers 5 het Paulus eers aangehaal wat God in Psalm 2:7 gesê het. Toe het Paulus geskryf “en weer” voordat hy ’n tweede aanhaling (2 Samuel 7:14) verstrek en dit op die Messias, Jesus, toepas.

Maar kyk nou na vers 6, waar die woord “weer” (Grieks, palin) ook voorkom.

Is “weer” in vers 6 gebruik bloot om ’n derde aanhaling in ’n reeks in te lui? ’n Persoon kan byvoorbeeld skryf: ‘Jan het per brief met haar in verbinding getree. Toe weer per telefoon. En weer per telegram.’ Is dit al wat Paulus in vers 6 gedoen het toe hy “weer” gebruik het en Psalm 97:7 uit die Griekse Septuaginta aangehaal het?

Party Bybelvertalers het Hebreërs 1:6 so weergegee. “The Jerusalem Bible” lui byvoorbeeld: “Weer, wanneer hy die Eersgeborene in die wêreld inbring.” Ander vertalings gee dit op ’n soortgelyke wyse weer, al beteken dit dat die natuurlike woordorde verander word, want die Grieks lui letterlik: “Wanneer maar weer hy inbring die Eersgeborene.”

Dr. C. B. Moll sê die volgende oor die grammatikale aspek: “Die gebruik van ons Brief laat nie toe dat ons palin [“weer”] transponeer en dit die inleiding van ’n aanhaling maak nie . . . Die taal slaan op die tweede koms—nog in die toekoms—van die Eersgeborene na die wêreld.” ln sy werk “The Epistle to the Hebrews” sê dr. B. F. Westcott eweneens dat “weer” natuurliker gesien moet word as lets wat saamgaan met dit wat daarop volg. Hy meld dat Paulus reeds (in vers 1) gepraat het van Jesus se eerste koms as ’n mens. Dr. Westcott sê dus “dat daar goeie rede bestaan het waarom die skrywer [in vers 6] vooruit sou wys spesifiek na die Wederkoms waartydens die Messias se werk voltooi sou word.”

Ons moet Hebreërs 1:6 dus beskou as iets wat vooruit wys op die tyd wanneer die verheerlikte Jesus weer sou kom of spesiale aandag aan die wêreld, die mensdom, sou skenk. Dit is hoe die vers weergegee word in die Afrikaanse Bybel, die “New World Translation” en die “American Standard Version”, sowel as in die vertalings deur R. Young en J. B. Rotherham. Dr. Edgar J. Goodspeed se vertaling toon selfs duideliker dat hierdie teks op Christus se wederkoms van toepassing is. Dit gee Hebreërs 1:6 soos volg weer: “Maar van die tyd wanneer hy sy eersgebore Seun na die wêreld terugbring, sê hy: ‘En laat al God se engele voor hom buig.’”

    Afrikaanse publikasies (1975-2026)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2026 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel