Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • w85 3/1 bl. 10
  • Die skuldiges boet

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Die skuldiges boet
  • Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1985
  • Soortgelyke materiaal
  • Die raaisel van Kimbilikiti word ontrafel
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1985
  • Vervolg omdat hulle die waarheid verkondig
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1985
  • Die waarheid en geloof seëvier
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1985
  • Martelare vir hulle geloof!
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1985
Sien nog
Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1985
w85 3/1 bl. 10

Die skuldiges boet

TOE berigte van die slagting Kinshasa bereik het, het die regering stappe gedoen om te verseker dat geregtigheid geskied. Die owerheid moet hiervoor geprys word.

Vragmotors en soldate is na die gebied gestuur. Die skuldiges is eindelik aangekeer en in die distrikshof van Kindu, Kivu, verhoor.

Dit was nie ’n maklike verhoor nie, want die regters is voortdurend gedreig en aangespoor om die reg te verdraai. Hulle is groot omkoopgeskenke aangebied. Toe die uitspraak van skuldig gelewer is, het hulle selfs ’n naamlose brief ontvang wat gesê het dat Kimbilikiti hom op hulle sou wreek.

Dit is interessant dat die verweerders selfs gedurende die verhoor volgehou het dat Kimbilikiti ’n gees is, en dat hierdie gees hulle tot optrede gedryf het. Tydens die verhoor het regter Tumba wyslik gereël dat die Kimbilikiti-instrumente binne hoorafstand van die hofsaal gebruik word. Hy het geredeneer dat as Kimbilikiti ’n gees was die klank van die instrumente geen uitwerking op die Rega-mense in die hofsaal sou hê nie. Die gevolg? Toe hulle die onheilspellende klanke hoor, was daar wanorde in die hofsaal. Die vroue het verskrik gevlug in vrees dat hulle Kimbilikiti dalk sou sien en doodgemaak sou word. Die mans het hulle koppe in skaamte laat sak en die hofsaal verlaat sodat slegs die verweerders, die hofpersoneel en enkele toeskouers wat nie van die Rega-stam was nie, oorgebly het. Kimbilikiti is derhalwe weer eens oopgevlek as ’n bygelowige bedrogspul wat die Rega-volk gevange hou.

Die Kindu-hof het ses van die persone wat regstreeks vir die moorde verantwoordelik was ter dood veroordeel. ’n Aantal ander het tronkstraf en boetes gekry. Daar is ook beveel dat die weduwees vergoed moes word. (Appèl is teen die vonnisse in ’n hoër hof in Bukavu, Kivu, aangeteken.)

Die verantwoordelike optrede van die owerheid laat ons aan die apostel Paulus se woorde dink: „Die owerhede is geen voorwerp van vrees by die goeie dade nie, maar by die slegte. . . . [Die owerheid] is ’n dienaar van God, ’n wreker om die een wat kwaad doen, te straf” (Romeine 13:1-4). Jehovah se Getuies doen dus steeds „smekinge, gebede, voorbedes, danksegginge . . . vir alle mense; vir konings en almal wat hooggeplaas is, sodat ons ’n rustige en stil lewe kan lei in alle godsvrug en waardigheid”. Paulus het bygevoeg: „Want dit is goed en aangenaam voor God, ons Verlosser, wat wil hê dat alle mense gered word en tot kennis van die waarheid kom.”​—1 Timotheüs 2:1-4.

Ons is seker dat talle opregte Regas as gevolg van hierdie gebeure in Pangi „tot kennis van die waarheid [sal] kom” en sodoende van slawerny aan bygelowige bedrog bevry sal word. Jehovah se Getuies sal voortgaan om na hulle en ander opregte mense wêreldwyd te soek. Ons is inderdaad verheug dat ons geloof kan beoefen en Koninkrykswaarheid met alle liefhebbers van geregtigheid kan deel, selfs in die uithoeke van Afrika.

    Afrikaanse publikasies (1975-2027)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2026 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel