Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • w85 3/1 bl. 8-10
  • Die waarheid en geloof seëvier

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Die waarheid en geloof seëvier
  • Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1985
  • Onderhofies
  • Soortgelyke materiaal
  • Daadwerklike geloof
  • Geloof en waarheid het geseëvier
  • Martelare vir hulle geloof!
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1985
  • Die skuldiges boet
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1985
  • Die raaisel van Kimbilikiti word ontrafel
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1985
  • Vervolg omdat hulle die waarheid verkondig
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1985
Sien nog
Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1985
w85 3/1 bl. 8-10

Die waarheid en geloof seëvier

JEHOVAH SE GETUIES is vasbeslote om God „in gees en waarheid” te aanbid (Johannes 4:23, 24). Ja, die Bybelboodskap wat hulle verkondig, lê weliswaar dwaalbegrippe bloot, maar soos die apostel Paulus vra hulle: ,Het ons dan julle vyande geword deur julle die waarheid te vertel?’ (Galasiërs 4:16). Natuurlik nie! Hierdie Christene het hulle naaste lief en wil hê dat hulle die geestelike vryheid moet geniet wat slegs deur die waarheid moontlik gemaak word.​—Johannes 8:32.

Die Getuies is ook vasbeslote om sterk geloof te handhaaf, al word hulle vervolg omdat hulle die waarheid verkondig. Die geloof van die nederige Christene in Pangi lewer inderdaad bewys dat Jehovah se knegte met sy hulp hulle onkreukbaarheid teenoor hom tot die einde toe kan handhaaf. Dit kan die einde van hierdie goddelose stelsel wees of ’n persoon se eie dood in getrouheid, miskien as gevolg van wrede, godsdiensaangeblaaste vervolging.​—Mattheüs 24:13.

Daadwerklike geloof

Daardie liefhebbers van die waarheid wat in die provinsie Kivu vermoor is, was nie die enigstes wat sterk geloof getoon het nie. Beskou byvoorbeeld vir Bingimeza Bunene, ’n bejaarde suster. Twee van haar seuns, Malala Ramazani en Akilimali Walugaba, was onder diegene wat by Pangi vermoor is. Daarbenewens het stamoudstes haar man oorreed om hom by die moordenaars van sy broerskind, Amisi Melende, te skaar. Toe haar twee seuns en haar broerskind vermoor is, is sy deur haar hele familie, haar man inkluis, verstoot. Maar sy het troos gevind in die psalmis se woorde: „My vader en my moeder het my verlaat, maar die HERE sal my aanneem” (Psalm 27:10). Haar broers en susters in die geloof het haar ingeneem en vertroos en liefdevol aan die wonderlike opstandingshoop herinner.

Hierdie suster se man, Ramazani Musombwa, is in die tronk gesit vir sy aandeel in die dood van sy broerskind, maar is later vrygelaat. Hy het agterna erken dat die moedige wyse waarop sy vrou standpunt ingeneem het en die liefde wat mede-Getuies haar en die bedroefde skoondogters getoon het hom beïndruk het. Hy het nou diep berou en vergesel sy vrou na die vergaderinge van Jehovah se Getuies. Hy verduur baie kritiek en spot weens sy algehele ommeswaai, maar hy is vasbeslote om Jehovah van nou af te dien.

Al die ander bedroefde jong weduwees is deur hulle families verwerp uit vrees dat hulle deur Kimbilikiti doodgemaak sal word. Hierdie jong vroue het almal vasgestaan en geweier om hulle geloof in Jehovah te versaak. Hulle is deur hulle medegelowiges ingeneem en het ervaar wat Jesus voorspel het: „Daar is niemand wat huis of broers of susters of vader of moeder of vrou of kinders of grond ter wille van My en van die evangelie verlaat het nie, of hy ontvang nou in hierdie tyd honderd maal soveel: huise en broers en susters en moeders en kinders en grond, saam met vervolginge, en in die eeu wat kom, die ewige lewe.”​—Markus 10:29, 30.

Geloof en waarheid het geseëvier

Vandag is die situasie van Jehovah se Getuies in die Pangi-streek weer normaal. AI die bedroefdes en belangstellendes wat na ander statte en dorpe moes vlug, het na hulle huise teruggekeer. Die Getuies verkondig met hernieude ywer en vasbeslotenheid die Koninkryksboodskap aldaar. Ondanks alles wat hulle deurgemaak het, is hulle soos ,die broeders wat deur Paulus se boeie vertroue gekry het en dit des te meer gewaag het om die woord van God onbevrees te spreek’.​—Filippense 1:14.

Hulle is natuurlik hartseer oor die moord op al agt getroue Christenmans van die Pangi-gemeente. Maar ’n ander pionierbedienaar dien nou as presiderende opsiener, en Jehovah se volk daar in die hartjie van Afrika het vertroue in God se liefde vir hulle deur Christus, soos spreek uit Paulus se woorde: „Wie sal ons skei van die liefde van Christus​—verdrukking of benoudheid of vervolging of honger of naaktheid of gevaar of swaard? . . . Maar in al hierdie dinge is ons meer as oorwinnaars deur Hom wat ons liefgehad het.”​—Romeine 8:35-39.

Waarom het Jehovah egter toegelaat dat hierdie getroue getuies vermoor is? In die hedendaagse gewelddadige wêreld was daar talle gevalle waar Jehovah duidelik sy volk beskerm het. Sodoende toon hy hoe hy hulle veilig deur die „groot verdrukking” kan bewaar (Mattheüs 24:21; Jesaja 26:20). Maar net soos Jesus in Johannes 16:1-3 gesê het, sal daar geleenthede wees wanneer hy teenstanders selfs toelaat om individue onder Jehovah se Getuies dood te maak. Die feit dat hulle hulle onkreukbaarheid in sulke situasies handhaaf, soos ons getroue broers in die provinsie Kivu, dien as ’n getuienis en as bewys dat God se knegte vasbeslote is om hulle onkreukbaarheid selfs tot die dood toe te handhaaf.​—Job 27:5; Spreuke 27:11.

Ons word herinner aan die groot getuienis wat die dood van die eerste-eeuse martelaar Stefanus tot gevolg gehad het (Handelinge 8:1-8). Miskien sal die verskriklike slagting baie van die Rega-stam en ander in Zaïre en elders beweeg om Bybelwaarheid ernstig te oorweeg. Jehovah se Getuies sal graag sulke opregte persone help om los te breek van die vrees en bygelowigheid van die godsdiens van Kimbilikiti! En watter vryheid sal almal wat God se wonderlike waarheid aanneem tog geniet!

    Afrikaanse publikasies (1975-2027)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2026 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel