Jaarvergadering—4 Oktober 1986
DIE JAARVERGADERING van die lede van die Wagtoring- Bybel- en Traktaatgenootskap van Pennsilvanië op 4 Oktober 1986 sal by die Byeenkomssaal van Jehovah se Getuies, Kennedy-Boulevard 2932, in die stad Jersey, New Jersey, gehou word. Daar sal eers om 9:30 vm. ’n vergadering net vir die lede wees, gevolg deur die jaarvergadering om 10 vm. op Saterdag, 4 Oktober 1986.
Dit sal waardeer word as die lede van die Genootskap die kantoor van die Sekretaris in kennis stel van enige verandering in hulle posadres gedurende die afgelope jaar sodat die gewone kennisgewings en volmagte hulle kort na 15 Augustus kan bereik.
Die volmagte, wat saam met die kennisgewing van die jaarvergadering aan lede gestuur word, moet teruggestuur word sodat dit die kantoor van die Sekretaris van die Genootskap voor of op 1 September bereik. Soos elke lid weet, moet hy sy volmag onverwyld invul en terugstuur en ook aandui of hy self by die vergadering sal wees al dan nie. Hierdie inligting moet pertinent op elke volmag verskyn, aangesien dit gebruik sal word om vooraf te bepaal wie die vergadering sal bywoon.
Daar word verwag dat die hele sessie, met inbegrip van die formele sakevergadering en verslae, om 1:00 nm. of kort daarna afgehandel sal wees. Daar sal geen middagsessie wees nie. Omdat die sitplek in die saal beperk is, sal slegs kaartjiehouers toegelaat word. Daar sal geen reëling wees om die jaarvergadering deur telefoonverbinding na ander plekke oor te send nie.