Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • w87 7/15 bl. 24
  • Insig in die nuus

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Insig in die nuus
  • Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1987
  • Onderhofies
  • Soortgelyke materiaal
  • Verdraagsaamheid teenoor sonde is nie ’n deug nie
  • Onbetwisbare bewyse
  • Wat sê die Bybel oor die huwelik?
    Antwoorde op Bybelvrae
  • Trou of saamlewe—Watter een?
    Ontwaak!—1992
  • Respekteer “wat God . . . onder een juk saamgevoeg het”
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan (Studie-uitgawe) — 2018
  • Vrae van lesers
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan (Studie-uitgawe) – 2022
Sien nog
Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1987
w87 7/15 bl. 24

Insig in die nuus

Verdraagsaamheid teenoor sonde is nie ’n deug nie

The Fresno Bee, ’n koerant van Kalifornië, berig dat godsdiensrubriekskrywer Michael J. McManus kerkleiers onlangs toegespreek en gesê het dat die kerke tot die verbrokkeling van die Amerikaanse gesin bygedra het. McManus het gemeld dat daar gedurende 1985 1,2 miljoen egskeidings en 750 000 buite-egtelike geboortes in die Verenigde State was en dat 2,2 miljoen ongetroude paartjies saamlewe.

McManus het gemeld dat die kerk, pleks van getrou te bly by Bybelse sedestandaarde wat getrouheid in die huwelik benadruk, ’n passiewer houding teenoor sulke geskille aangeneem het in ’n poging om bywoning te verbeter. Hy het ’n onlangse voorstel “dat die Episkopaalse Kerk afsien van sy gekantheid teen paartjies wat buite-egtelik saamlewe” as voorbeeld aangehaal.

Sulke modernistiese beskouings oor seks en die huwelik is lynreg in stryd met die Bybel. Die Christenapostel Paulus het gesê: “Laat die huwelik in alle opsigte eerbaar wees en die bed onbesmet” (Hebreërs 13:4), Toe die Fariseërs Jesus Christus met die egskeidingskwessie gekonfronteer het, het hy gesê dat “die man sy vader en sy moeder [sal] verlaat en sy vrou [sal] aankleef, en hulle twee sal een vlees wees”. Hy het bygevoeg: “Elkeen wat van sy vrou skei, behalwe oor hoerery, en ’n ander een trou, pleeg egbreuk.”—Mattheüs 19:4, 5, 9.

McManus het soos volg gereageer op die voorstel dat die kerk toegeeflik moet wees teenoor sulke sedelike geskille: “Die Episkopaalse Kerk het die stadium bereik waar dit sê dat sy grootste deug verdraagsaamheid is. Jesus het nêrens gesê dat sonde geduld moet word nie. Hy het sonde veroordeel.” Goed ingeligte Bybelstudente stem saam.

Onbetwisbare bewyse

Rubriekskrywer Pete McMartin van The Vancouver Sun, ’n koerant van Brits-Columbië, Kanada, sê: “Na jare van trotse, skeptiese agnostisisme begin wetenskaplikes nou teësinnig om God te heroorweeg.” Hoewel godsdiens en die wetenskap al eeue lank bots, sê Wasley Krogdahl, ’n voormalige professor in astronomie en fisika aan die Universiteit van Kentucky, “dat dit eenvoudig nie meer die geval is nie”. Hy voeg by: “Kosmologie het duidelik getoon dat die heelal ’n begin gehad het, en dit impliseer ’n skepper.”—The State Journal-Register, Springfield, Illinois.

Ten minste sommige wetenskaplikes heroorweeg die ontstaan van die heelal. Waarom? “Die heelal het nou baie meer sin as 50 jaar gelede”, verduidelik astronoom Krogdahl. In die afgelope 25 jaar het die ontwikkeling van sensitiewer toerusting die ontdekking van kwasars, neutronsterre en pulsars tot gevolg gehad. Krogdahl erken dat namate die kennis van die heelal toeneem, die bewyse dat daar wel ’n God is ook toeneem. Hierdie bewyse, sê hy, “het eenvoudig die stutte onder die ateïste uitgeslaan”.

Tog weet Bybelstudente al eeue lank wat wetenskaplikes eers na jarelange, volledige navorsing en studie aanvaar het. “[Die Skepper se] onsigbare hoedanighede, naamlik sy ewige krag en godheid, is al van die begin van die wêreld af vir die oog van die verstand sigbaar in die dinge wat hy gemaak het” (Romeine 1:20, The New English Bible). Die onbetwisbare bewyse was doodeenvoudig nog altyd daar.

[Prent op bladsy 24]

Die Orionnewel

[Erkenning]

Foto van die Amerikaanse Vlootobservatorium

    Afrikaanse publikasies (1975-2025)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2026 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel