Verantwoordelike ouerskap in hierdie tyd van die einde
‘Hou op voortreflike wyse toesig oor kinders.’—1 TIMOTHEÜS 3:12, NW.
1. Watter natuurlike begeerte het die meeste vroue, en hoe kom dit reeds in die kinderdae na vore?
DIE vreugde van ouerskap is onbetwisbaar. Die moederinstink is natuurlik, hoewel dit in sommige vroue sterker is as in ander. In baie Westerse lande speel seuntjies liewer met meganiese speelgoed, terwyl dogtertjies meestal poppe verkies, wat speelgoedmakers so realisties moontlik probeer maak. Baie dogtertjies lewe vir die dag wanneer hulle, nie ’n pop nie, maar hulle eie lewende, warm, koerende baba kan vertroetel.
Vreugdes en verantwoordelikhede
2. Hoe moet ouers ’n pasgebore baba beskou, en wat moet hulle bereid wees om aan te pak?
2 Verantwoordelike ouerskap vereis dat ouers ’n pasgebore baba nie as ’n speelding beskou nie maar as ’n persoon vir wie se lewe en toekoms hulle voor die Skepper aanspreeklik is. Wanneer hulle ’n kind in die wêreld bring, moat ouers bereid woes om ’n groot verantwoordelikheid te aanvaar en hulle daarby aan te pas. Hullo pak ’n 20 jaar lange voedings-, kledings-, siekesorg- en onderrigtingsprogram aan, met die eindresultaat onvoorspelbaar.
3. Waarom kan Spreuke 23:24, 25 op baie Christenouers toegepas word?
3 Gelukkig het baie Christenouers kinders grootgemaak wat getroue, toegewyde knegte van Jehovah geword hot. Sommige het gesien hoe hulle kinders eindelik die voltydse diens betree as pioniers, sendelinge of lede van Bethelgesinne. Van sulke ouers kan waarlik gesê word: “Die vader van ’n regverdige juig baie; en as iemand ’n wyse verwek het, dan is hy bly oor hom. Laat jou vader en jou moeder bly wees, en laat sy juig wat jou gebaar het.”—Spreuke 23:24, 25.
Ouerlike droefheid
4, 5. (a) Wat word Skriftuurlik van ouere manne en bedieningsknegte met kinders vereis? (b) Hoe is sommige kinders ’n “ramp” vir hulle vader?
4 Maar dit is nie altyd die geval nie, selfs vir ouere manne wat kinders het. Die apostel Paulus het geskryf: “’n Opsiener dan moet onberispelik wees, die man van een vrou, . . . een wat sy eie huis goed regeer en sy kinders met alle waardigheid in onderdanigheid hou. Maar as iemand nie weet om sy eie huis te regeer nie, hoe sal hy vir die gemeente van God sorg dra?” Paulus het bygevoeg: “Die diakens [bedieningsknegte] moet manne van een vrou wees en hulle kinders en eie huise goed regeer.”—1 Timotheüs 3:2-5, 12.
5 Christen- ouere manne en -bedieningsknegte kan natuurlik nie daarvoor verantwoordelik gehou word indien hulle volwasse kinders nie wil aanhou om Jehovah te dien nie. Maar hulle is verantwoordelik vir hulle minderjarige kinders en vir ouer kinders wat nog onder hulle dak woon. Ouere manne en bedieningsknegte het al kosbare diensvoorregte verloor omdat hulle nalatig geword het of ernstig te kort geskiet het aan die Skriftuurlike vereiste om ‘hulle kinders en eie huise goed te regeer’. In hulle geval, en die geval van baie ander, het hulle kinders vir hulle meer droefheid as vreugde gebring. Hoe dikwels is die spreuk tog bewaarheid: “’n Dwase seun is ’n ramp vir sy vader”!—Spreuke 19:13.
Verantwoordelike vaderskap
6. Watter vraag moet Christenmans hulle afvra?
6 Alle Christenmans, hetsy hulle gemeentelike verantwoordelikhede het al dan nie, moet ook nadink oor die uitwerking wat die versorging van jong kinders op hulle vrou se geestelikheid kan hê. Hoe sal ’n baba, of ’n aantal babas, ’n vrou se persoonlike studie en deelname aan die predikingswerk raak as sy nie geestelik sterk is nie?
7. Wat het met sommige Christenvrouens gebeur, en wat is dikwels die oorsaak van hierdie situasie?
7 Besef mans altyd dat die versorging van ’n baba of ’n jong kind dit dikwels vir hulle vrou onmoontlik maak om die volle voordeel uit die Gemeentelike Boekstudie, die Koninkryksaalvergaderinge en die kring- en streekbyeenkomste te kry? So ’n situasie kan maande duur, en selfs jare, wanneer die een baba op die ander volg. Dit is van nature so dat die las in hierdie opsig hoofsaaklik op die moeder rus, nie op die vader nie. Daar is al opgemerk dat hoewel sommige Christenmans geestelike vooruitgang maak, selfs in die mate dat hulle voorregte in die gemeente ontvang, hulle vroue geestelik swak word. Waarom? Die rede is dikwels dat hulle jong kinders hulle verhinder om by vergaderinge te konsentreer, intensiewe Bybelstudie te doen of in ’n ruim mate aan die getuieniswerk deel te neem. Kan vaderskap verantwoordelik genoem word as dit sulke situasies laat ontstaan?
8. Hoe help baie vaders met die versorging van die kinders en watter voordeel hou dit vir hulle vrouens in?
8 Gelukkig is dit nie altyd die geval nie. Baie Christenvaders doen hulle bes om hulle vrou met die versorging van die kinders te help. Hulle doen hulle deel ten volle om te verseker dat hulle kinders stil is tydens gemeentelike vergaderinge. As hulle baba begin huil, of hulle kind lawaaierig raak, neem hulle hulle beurt om hom vir die gepaste dissipline buitentoe te neem. Waarom moet Moeder altyd die een wees wat dele van die vergaderinge mis? By die huis help bedagsame mans hulle vrouens om die huiswerk klaar te kry en die kinders in die bed te sit sodat die man en die vrou in stilte kan sit en op geestelike sake kan konsentreer.
9. Wat toon dat kinders nie altyd ’n hindernis is nie?
9 Wanneer dinge in ’n gemeente behoorlik georganiseer word, kan jong moeders met babas aan die hulppionierdiens deelneem. Sommige is selfs gewone pioniers. Kinders is dus nie altyd ’n hindernis nie. Baie Christenouers toon ’n pragtige pioniergees.
Kinderloos maar gelukkig
10. Wat het sommige egpare besluit, en hoe is hulle geseën?
10 Sommige jong egpare het besluit om kinderloos te bly. Hoewel die vroue se moederinstink net so sterk soos dié in ander vroue was, het hulle, in oorleg met hulle mans, besluit om nie kinders te hê nie sodat hulle hulle voltyds aan Jehovah se diens kon wy. Baie van hulle het diens aanvaar as pioniers of sendelinge. Hulle kan nou met dankbaarheid oor die jare terugkyk. Hulle het wel geen vleeslike kinders in die wêreld gebring nie. Maar hulle het nuwe dissipels voortgebring wat getrou in die aanbidding van Jehovah volhard. Hierdie ‘ware kinders in die geloof’ sal nooit vergeet wie dit was wat vir hulle “die woord van die waarheid” gebring het nie.—1 Timotheüs 1:2; Efesiërs 1:13; vergelyk 1 Korinthiërs 4:14, 17; 1 Johannes 2:1.
11. (a) Waar dien talle kinderlose egpare Jehovah, en waarom is hulle nie spyt nie? (b) Watter teks kan toegepas word op alle egpare wat “ter wille van die koninkryk” kinderloos bly?
11 Baie egpare dwarsdeur die wêreld wat die vreugdes van ouerskap prysgegee het, was in staat om Jehovah in die kringwerk, die streekwerk of in Bethel te dien. Hulle kyk ook met voldoening terug oor die lewe van diens wat hulle in hierdie spesiale voorregte aan Jehovah en hulle broers kon gee. Hulle is nie spyt nie. Hoewel hulle nie die vreugde gehad het om kinders in die wêreld te bring nie, het hulle ’n belangrike rol gespeel in die bevordering van Koninkryksbelange in hulle onderskeie diensvelde. Vir al hierdie egpare wat “ter wille van die koninkryk” kinderloos gebly het, geld die teks gewis: “God is nie onregverdig om julle werk te vergeet nie en die liefdearbeid wat julle betoon het vir sy Naam, omdat julle die heiliges gedien het en nog dien.”—Mattheüs 19:12; Hebreërs 6:10.
’n Persoonlike saak
12. (a) Waarom is dit ’n unieke voorreg om kinders te hê? (b) Gedurende watter tydperke was dit ’n godgegewe opdrag om kinders te hê?
12 Soos ons aan die begin van hierdie bespreking gesien het, is dit ’n gawe van God om kinders in die wêreld te bring (Psalm 127:3). Dit is ’n unieke voorreg wat nie deur Jehovah se geesskepsele gedeel word nie (Mattheüs 22:30). Daar was tye toe die voortbring van kinders deel uitgemaak het van die werk wat Jehovah sy knegte op aarde gegee het. Dit was die geval met Adam en Eva (Genesis 1:28). Dit was die geval met die oorlewendes van die Vloed (Genesis 9:1). Dit was Jehovah se wil dat die kinders van Israel talryk word deur geboorteaanwas.—Genesis 46:1-3; Exodus 1:7, 20; Deuteronomium 1:10.
13, 14. (a) Wat kan vandag van ouerskap gesê word, en watter kritiek sal onvanpas wees? (b) Watter raad word gegee, ofskoon ouerskap in hierdie tyd van die einde ’n persoonlike saak is?
13 Vandag is die voortbring van kinders nie spesifiek ’n deel van die werk wat Jehovah aan sy volk opgedra het nie. Dit is nietemin steeds ’n voorreg wat hy aan egpare toestaan as hulle dit verlang. Christenegpare moet dus nie gekritiseer word as hulle besluit om met ’n gesin te begin nie; dieselfde geld vir egpare wat besluit om nie kinders te hê nie.
14 Die kwessie van ouerskap in hierdie tyd van die einde is dus ’n persoonlike saak waaroor elke egpaar self moet besluit. Maar aangesien die oorblywende ‘tyd kort is’, behoort egpare sorgvuldig en biddend te besin oor die voor- en nadele daarvan om in hierdie tye kinders te hê (1 Korinthiërs 7:29). Diegene wat besluit om kinders te hê, moet terdeë bewus wees nie alleen van die vreugdes wat kinders kan bring nie, maar ook van die verantwoordelikhede wat daarmee gepaard gaan en die probleme wat kan ontstaan vir hulle en vir die kinders wat hulle in die wêreld bring.
Wanneer dit nie beplan is nie
15, 16. (a) Watter gesindheid moet vermy word in die geval van ’n onverwagte swangerskap, en waarom? (b) Hoe moet enige kind beskou word, en watter verantwoordelikhede bring dit mee?
15 Sommige sê miskien: ‘Dis alles goed en wel, maar sê nou ’n kind verskyn onverwags op die toneel.’ Dit het met baie egpare gebeur wat terdeë besef het dat dit nie die ideale tyd is om kinders in die wêreld te bring nie. Sonimige van hulle was jare lank in die voltydse diens. Hoe moet hulle die aankoms van die onverwagte nuweling beskou?
16 Dit is waar verantwoordelihe ouerskap ter sprake kom. ’n Swangerskap kan wel onverwags kom, maar Christenouers moet nie die baba wat daaruit voortspruit as onwelkom beskou nie. Ongeag die veranderinge wat die baba se koms in hulle lewe kan teweegbring, moet hulle gewis geen wrok teen hom koester nie. Hulle het hom immers verwek. Noudat hy hier is, moet hulle hulle veranderde omstandighede aanvaar met die wete dat “tyd en lotgeval” vroeër of later alle mense tref (Prediker 9:11). Hulle het, gewillig of onwillig, deel gehad aan ’n skeppingsdaad waarvan Jehovah God die Outeur is. Hulle moet hulle kind as ’n heilige pand aanvaar en liefdevol hulle verantwoordelikhede as “ouers in eendrag met die Here” aanvaar.—Efesiërs 6:1, NW.
“Doen alles in die Naam van die Here”
17. Watter raad het die apostel Paulus aan die Kolossense gegee, en hoe kan hierdie advies vandag toegepas word?
17 Net voordat hy raad oor gesinsake gegee het, het die apostel Paulus geskryf: “Wat julle ook al doen in woord of in daad, doen alles in die Naam van die Here Jesus en dank God die Vader deur Hom” (Kolossense 3:17-21). Ongeag die staat waarin ’n Christen hom bevind, hy moet Jehovah dankbaar wees en sy situasie te baat neem om ‘alles in die Naam van die Here te doen’.
18, 19. (a) Hoe kan ongetroude Christene en kinderlose egpare ‘alles in die Naam van die Here doen’? (b) Hoe moet Christenouers hulle kinders beskou, en watter doelwit moet hulle vir hulleself stel?
18 Die Christen wat besluit het om ongetroud te bly, sal sy of haar vryheid nie vir selfbevrediging gebruik nie, maar om “van harte soos vir die Here” te werk, indien moontlik in die een of ander vertakking van die voltydse diens (Kolossense 3:23; 1 Korinthiërs 7:32). ’n Egpaar wat besluit om nie kinders te hê nie, sal eweneens nie selfsugtig ‘die wêreld ten volle gebruik nie’, maar sal Koninkryksdiens die allergrootste plek in hulle lewe gee.—1 Korinthiërs 7:29-31.
19 Wat Christene met kinders betref, hulle moet hulle ouerskap op verantwoordelike wyse aanvaar. Hulle sal hulle kinders nooit as ’n hindernis in hul diens aan Jehovah beskou nie, maar eerder as ’n spesiale toewysing. Wat behels dit? Wel, wanneer ’n toegewyde Christen iemand teëkom wat belangstelling in die waarheid toon, begin hy ’n gereelde tuisbybelstudie met daardie persoon. Nadat hy die studie begin het, is die Getuie baie pligsgetrou en gaan hy week na week terug om die belangstellende te help om geestelike vordering te maak. Niks minder is nodig in die geval van ’n Christen se kinders nie. ’n Gereelde, weldeurdagte Bybelstudie, waarmee so gou moontlik begin en wat gereeld gehou moet word, is nodig om die kind te help om geestelik te groei en om sy Skepper te leer liefkry (2 Timotheüs 3:14, 15). Daarbenewens sal ouers sorg dat hulle by die huis ’n goeie voorbeeld in Christelike gedrag stel, net soos hulle in die Koninkryksaal doen. En waar moontlik sal hulle die verantwoordelikheid aanvaar om hulle kinders in die velddiens op te lei. Sodoende sal ouers, buiten dat hulle vir ander volwassenes preek, met Jehovah se hulp van hulle eie kinders ‘dissipels maak’.—Mattheüs 28:19.
Kinders gedurende die “groot verdrukking”
20. (a) Wat lê vir ons voor, en teen watter moeilikhede het Jesus gewaarsku? (b) Hoe het Jesus se woorde betrekking op die grootmaak van kinders in die tyd van die einde?
20 Voor ons lê die “groot verdrukking . . . soos daar van die begin van die wêreld af tot nou toe nie gewees het en ook nooit sal wees nie” (Mattheüs 24:21). Dit sal vir volwassenes en vir kinders ’n moeilike tyd wees. In sy profesie oor die voleinding van die huidige stelsel het Jesus voorspel dat Christenwaarheid gesinne sou verdeel. Hy het gesê: “Die een broer sal die ander tot die dood oorlewer, en die vader sy kind, en die kinders sal teen hulle ouers opstaan en hulle doodmaak” (Markus 13:12). Dit sal klaarblyklik nie altyd ’n louter vreugde wees om kinders in die tyd van die einde groot te maak nie. Dit kan droefheid, teleurstelling en selfs gevaar meebring, soos Jesus se pas aangehaalde woorde toon.
21. (a) Waarom moet ouers nie onnodig bekommerd wees nie, hoewel hulle die toekoms realisties moet beskou? (b) Watter hoop kan hulle vir hulleself en hulle kinders koester?
21 Maar hoewel ons realisties moet wees oor die moeilikhede wat voorlê, moet dié wat jong kinders het hulle nie onnodig oor die toekoms bekommer nie. As hulle self getrou bly en hulle bes doen om hulle kinders ‘in die tug en vermaning van Jehovah’ op te voed, kan hulle daarvan seker wees dat hulle gehoorsame kinders gunstig geoordeel sal word. (Efesiërs 6:4; vergelyk 1 Korinthiërs 7:14.) As deel van die “groot menigte” kan hulle en hulle jong kinders hoop om “die groot verdrukking” te oorlewe. As daardie kinders later getroue knegte van Jehovah word, sal hulle hom ewig dankbaar wees dat hulle verantwoordelike ouers gehad het.—Openbaring 7:9, 14; Spreuke 4:1, 3, 10.
Hersieningsvrae
◻ Watter langtermynprogram begin by die geboorte van ’n kind?
◻ Waarom het sommige ouere manne en bedieningsknegte hulle voorregte verloor?
◻ Watter faktore moet ’n Christeneggenoot oorweeg in verband met die uitwerking wat ’n baba op sy vrou sal he?
◻ Wat bewys dat ’n Christenegpaar kinderloos en gelukkig kan wees?
◻ Hoe moet die geboorte van ’n kind deur die ouers beskou word, en waarom hoef hulle nie onnodig bekommerd te wees oor die toekoms nie?
[Prent op bladsy 24]
Vaders kan die verantwoordelikheid deel om kinders tydens vergaderinge stil te hou