Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • w98 8/15 bl. 30
  • Onthou jy?

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Onthou jy?
  • Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1998
  • Soortgelyke materiaal
  • Die Oordeelsdag—Wat is dit?
    Wat leer die Bybel werklik?
  • God se oordeelsdag—Die vreugdevolle uitslag!
    Openbaring—Sy groot klimaks is op hande!
  • “My uitverkorene, wat my siel goedgekeur het!”
    Jesaja se profesie—Lig vir die hele mensdom II
  • Volg Jehovah na—Beoefen geregtigheid en regverdigheid
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1998
Sien nog
Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1998
w98 8/15 bl. 30

Onthou jy?

Het jy noukeurig aandag geskenk aan onlangse nommers van Die Wagtoring? Indien wel, sal jy dit interessant vind om aan die volgende terug te dink:

◻ Waarom is die leerstelling van voorbeskikking onredelik?

As God voorkennis gehad het van Adam se sondeval en dit so beskik het, sou Jehovah die bewerker van sonde geword het toe hy die mens geskep het en sou hy verantwoordelik gewees het vir alle menslike goddeloosheid en lyding. Dit kan nie versoen word met die feit dat Jehovah ’n God van liefde is wat goddeloosheid haat nie (Psalm 33:5; Spreuke 15:9; 1 Johannes 4:8).—4/15, bladsye 7, 8.

◻ Wat doen mense uit baie nasies ter vervulling van Jesaja 2:2-4?

Terwyl hulle na Jehovah se huis van aanbidding stroom, hou hulle ook op om ‘oorlog te leer voer’ omdat hulle hulle vertroue gestel het in die beskerming van God se hemelse leërs, wat gereed is om alle vyande van vrede te vernietig.—4/15, bladsy 30.

◻ Wie is God se helde waarna Joël 3:10, 11 verwys?

In die Bybel word die ware God sowat 280 keer “HERE van die leërskare” genoem (2 Konings 3:14). Hierdie leërs is die kragtige engelemagte van die hemel, wat gereedstaan om Jehovah se bevele uit te voer.—5/1, bladsy 23, 24.

◻ Watter les kan ons leer uit die feit dat Jehovah van Job vereis het om vir diegene te bid wat teen hom gesondig het?

(Job 42:8). Voordat Job genees is, het Jehovah vereis dat hy ten behoewe van diegene bid wat teen hom gesondig het. Dit toon dat Jehovah van ons vereis om diegene te vergewe wat teen ons sondig voor ons eie sondes vergewe kan word (Matteus 6:12; Efesiërs 4:32).—5/1, bladsy 31.

◻ Wat het Jakobus bedoel toe hy gesê het: “Laat die volharding sy werk voltooi”?

(Jakobus 1:4). Volharding het ’n taak, ’n “werk”, om te verrig. Dit is om ons in alle opsigte volkome te maak. As ons derhalwe toelaat dat beproewinge voortduur sonder dat ons dit op ’n onskriftuurlike manier gou tot ’n einde probeer bring, word ons geloof getoets en gelouter.—5/15, bladsy 16.

◻ Waarom het God so lank gewag om die mens se probleme op te los?

Jehovah se beskouing van tyd verskil van ons s’n. Vir die ewige God is die tydperk van Adam se skepping tot nou toe nie eers gelykstaande aan ’n week nie (2 Petrus 3:8). Maar ongeag wat ons beskouing van tyd is, elke dag wat verbygaan, bring ons nader aan Jehovah se dag van regverdiging.—6/1, bladsye 5, 6.

◻ Wat motiveer Jehovah se Getuies?

Jehovah se onderrigting het ’n unieke volk voortgebring wat geleer is om mekaar en hulle naaste soos hulleself lief te hê (Jesaja 54:13). Liefde motiveer Jehovah se Getuies om ondanks onverskilligheid en teenkanting aan te hou getuig (Matteus 22:36-40; 2 Korintiërs 13:1-8).—6/15, bladsy 20.

◻ Waarop dui Jesus se woorde: “Span julle kragtig in om deur die nou deur in te gaan”?

(Lukas 13:24). Jesus se woorde dui op ’n worsteling, dat ’n mens jou bes moet doen. Sy woorde gee ook te kenne dat party dalk sal probeer om slegs wanneer dit vir hulle gerieflik is, teen ’n gemaklike pas wat hulle verkies, ‘deur die deur in te gaan’. Elkeen van ons kan ons dus afvra: ‘Lê ek my vlytig en ywerig toe?’—6/15, bladsy 31.

◻ Hoe sal verresenes “geoordeel [word] na dié dinge wat in die boekrolle geskrywe staan, volgens hulle dade”?

(Openbaring 20:12). Hierdie boekrolle is nie die verslag van hulle dade van die verlede nie; toe hulle gesterf het, is hulle vrygespreek van die sondes wat hulle gedurende hulle leeftyd gepleeg het (Romeine 6:7, 23). Verresenes sal egter nog steeds onder Adamitiese sonde wees. Dit moet dan wees dat hierdie boekrolle Goddelike instruksies sal bevat wat almal moet volg sodat hulle ten volle kan baat vind by die offerande van Jesus Christus.—7/1, bladsy 22.

◻ Watter lesse is daar vir ons in Jesus se gelykenis van die barmhartige Samaritaan?

(Lukas 10:30-37). Jesus se gelykenis toon dat ’n mens wat waarlik opreg is nie alleen God se wette gehoorsaam nie, maar ook sy eienskappe navolg (Efesiërs 5:1). Dit toon ook dat ons naasteliefde oor nasionale, kulturele en godsdiensgrense heen moet reik (Galasiërs 6:10).—7/1, bladsy 31.

◻ Wat is drie gebiede waarop jy jou kinders kan leer ken en ouerlike leiding kan voorsien?

(1) Help jou kinders om gepaste sekulêre werk te kies; (2) berei hulle voor om emosionele spanning in die skool en by die werkplek te verwerk; (3) wys hulle hoe om hulle geestelike behoeftes te bevredig.—7/15, bladsy 4.

◻ Waarom het God op “die sewende dag” gerus?

(Genesis 2:1-3). God het nie gerus omdat hy moeg was nie. Hy het eerder opgehou met sy aardse werk sodat sy handewerk kon ontwikkel en tot volle heerlikheid kon kom, tot sy lof en eer.—7/15, bladsy 18.

◻ Wat is drie maniere waarop ons geregtigheid kan beoefen?

Ons moet eerstens volgens God se sedelike standaarde lewe (Jesaja 1:17). Tweedens beoefen ons geregtigheid wanneer ons ander behandel soos ons wil hê dat Jehovah ons moet behandel (Psalm 130:3, 4). Derdens openbaar ons Goddelike geregtigheid wanneer ons ywerig aan die predikingswerk deelneem (Spreuke 3:27).—8/1, bladsye 14, 15.

    Afrikaanse publikasies (1975-2025)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2025 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel