Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • w00 8/1 bl. 32
  • Goddelike wysheid—Hoe word dit geopenbaar?

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Goddelike wysheid—Hoe word dit geopenbaar?
  • Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—2000
Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—2000
w00 8/1 bl. 32

Goddelike wysheid—Hoe word dit geopenbaar?

“DIE wysheid van die arme word verag, en na sy woorde word nie geluister nie.” Met hierdie woorde het die wyse koning Salomo die verhaal afgesluit van ’n nederige maar wyse man wat ’n hele stad van vernietiging gered het. Maar ongelukkig het “geen mens . . . aan daardie arm man gedink nie”.—Prediker 9:14-16.

Mense is geneig om neer te sien op die armes, selfs al het hulle edele dade verrig. Dit was waar in Jesus se geval. Jesaja het aangaande hom geprofeteer: “Hy was verag en deur die mense verlaat, ’n man van smarte en bekend met krankheid” (Jesaja 53:3). Jesus is deur party verag bloot omdat hy nie die aansien of vernaamheid van die leiers van sy dag gehad het nie. En tog het hy baie meer wysheid as enige sondige mens gehad. Mense in Jesus se tuisdorp het geweier om te erken dat hierdie “timmerman se seun” sulke wysheid geopenbaar het en sulke kragtige werke verrig het. Dit was egter ’n ernstige fout, want die verslag sê verder dat Jesus ‘weens hulle ongeloof nie baie kragtige werke daar gedoen het nie’. Wat ’n verlies tog vir daardie mense!—Matteus 13:54-58.

Mag ons nie dieselfde fout begaan nie. “Die wysheid [word] deur sy werke geregverdig”, het Jesus gesê. Diegene wat God se werk doen en wat hemelse wysheid aan ander bekend maak, word nie deur hulle aansien of sosiale stand onderskei nie, maar deur die “goeie vrugte” wat hulle openbaar—hulle Bybelse geloof en dade.—Matteus 7:18-20; 11:19.

    Afrikaanse publikasies (1975-2026)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2026 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel