Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • w03 4/1 bl. 3
  • Die Laaste Aandmaal—Wat is dit?

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Die Laaste Aandmaal—Wat is dit?
  • Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—2003
  • Soortgelyke materiaal
  • Die Here se Aandmaal het groot betekenis vir jou
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—2003
  • Die herdenking van die dood van die grootste man wat ooit geleef het
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1981
  • Jesus se laaste ete
    Lesse wat jy kan leer uit die Bybel
  • ’n Geleentheid wat jy nie moet misloop nie
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—2014
Sien nog
Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—2003
w03 4/1 bl. 3

Die Laaste Aandmaal—Wat is dit?

WAARAAN dink jy wanneer jy die uitdrukking “die laaste aandmaal” hoor? Dit sal baie mense laat dink aan die beroemde fresko in Milaan, Italië, deur die skilder Leonardo da Vinci (1452-1519). Feit is dat die Laaste Aandmaal deur die eeue heen ’n gunstelingtema vir kunstenaars, skrywers en musici was.

Maar wat is die Laaste Aandmaal, en watter betekenis het dit vir mense wat in die 21ste eeu lewe? Ensiklopedieë en woordeboeke sal vir jou sê dat die Laaste Aandmaal, wat ook die Here se Aandmaal genoem word, die maal is wat Jesus Christus saam met sy apostels die aand voor sy offerdood gehad het. Aangesien dit Jesus se laaste aandmaal saam met sy getroue volgelinge was, is dit tradisioneel die Laaste Avondmaal genoem. En aangesien dit deur die Here Jesus Christus self ingestel is, is die naam die Here se Aandmaal gepas.

Deur die eeue heen het baie hulle lewe opgeoffer vir ’n saak wat vir hulle van groot belang was. Daar was wel mense wat ’n tyd lank by van hierdie sterftes baat gevind het. Maar hoe lofwaardig dit ook al is, nie een van hierdie selfopofferende sterftes is hoegenaamd so betekenisvol soos die dood van Jesus Christus nie. Boonop kan geen dood in die mensdom se veelbewoë geskiedenis enigsins so ’n universele uitwerking hê nie. Waarom nie?

Om hierdie vraag te beantwoord en jou te help om uit te vind wat die Here se Aandmaal vir jou beteken, nooi ons jou om die volgende artikel te lees.

    Afrikaanse publikasies (1975-2026)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2026 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel