Inhoudsopgawe
15 September 2014
© 2014 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
STUDIEARTIKELS
27 OKTOBER 2014–2 NOVEMBER 2014
Is jy oortuig dat jy die waarheid het? Waarom?
BLADSY 7 • LIEDERE: 28, 107
3-9 NOVEMBER 2014
Dien God lojaal ten spyte van “baie verdrukkinge”
BLADSY 12 • LIEDERE: 135, 133
10-16 NOVEMBER 2014
Ouers—Tree op as herders vir julle kinders
BLADSY 17 • LIEDERE: 88, 24
17-23 NOVEMBER 2014
Die laaste vyand, die dood, word tot niet gemaak
BLADSY 23 • LIEDERE: 111, 109
24-30 NOVEMBER 2014
Dink aan diegene in die voltydse diens
BLADSY 28 • LIEDERE: 95, 100
STUDIEARTIKELS
▪ Is jy oortuig dat jy die waarheid het? Waarom?
Hierdie artikel sal die aandag vestig op ’n paar redes waarom baie mense tot die slotsom kom dat Jehovah se Getuies die waarheid het. Ons sal ook kyk na redes waarom Getuies oortuig is dat hulle die waarheid het.
▪ Dien God lojaal ten spyte van “baie verdrukkinge”
Verdrukking is ’n gevolg van die lewe in Satan se wêreld. Party beproewinge is soos frontaanvalle op ons geloof; ander is subtieler. Hierdie artikel sal ons help om hierdie aanvalle van Satan te herken en daarvoor voor te berei.
▪ Ouers—Tree op as herders vir julle kinders
Ouers moet hulle kinders “in die dissipline en verstandsregulering van Jehovah” grootmaak (Ef. 6:4). Hierdie artikel bespreek drie maniere waarop hulle dit kan doen en as geestelike herders vir hulle kinders kan optree.
▪ Die laaste vyand, die dood, word tot niet gemaak
Hoe het die dood oor die mensdom gekom? Hoe sal ‘die laaste vyand, die dood, tot niet gemaak word’? (1 Kor. 15:26). Kyk hoe die antwoorde die aandag vestig op Jehovah se geregtigheid, wysheid en liefde.
▪ Dink aan diegene in die voltydse diens
Jehovah het al lank getroue knegte wat hom voltyds dien ten spyte van die uitdagings wat hierdie diens in die huidige stelsel van dinge meebring. Hoe kan ons toon dat ‘ons aan hulle getroue werk en hulle liefdevolle arbeid dink’?—1 Tess. 1:3.
VOORBLAD: Twee broers praat oor die Bybel se boodskap met ’n visser in Negombo aan die weskus van Sri Lanka
SRI LANKA
BEVOLKING
20 860 000
VERKONDIGERS
5 600
GEWONE PIONIERS
641