Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • wp17 nr. 1 bl. 5-6
  • Hoe kan jy dit interessant maak?

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Hoe kan jy dit interessant maak?
  • Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan (Publieke uitgawe)—2017
  • Soortgelyke materiaal
  • Reeks toesprake oor nuwe Skepping-boek
    Ons Koninkryksbediening—1986
  • Wie het die Bybel verdeel in hoofstukke en verse?
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan (Publieke uitgawe)—2016
  • Reeks toesprake oor Wêreldwye veiligheid-boek
    Ons Koninkryksbediening—1986
  • Vind baat by daaglikse Bybellees
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1995
Sien nog
Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan (Publieke uitgawe)—2017
wp17 nr. 1 bl. 5-6
’n Vrou gebruik Bybelstudiehulpe terwyl sy haar Bybel lees

VOORBLADONDERWERP | HOE OM MEER UIT JOU BYBELLEES TE KRY

Hoe kan jy dit interessant maak?

Hoe vind jy Bybellees? Vervelig? Of verfrissend? Dit hang baie af van hoe jy jou Bybellees benader. Kom ons kyk wat jy kan doen om dit interessanter en lekkerder te maak.

Kies ’n betroubare vertaling wat moderne taal gebruik. Wanneer jy iets lees wat ’n klomp moeilike of outydse woorde bevat wat jy nie ken nie, sal jy dit waarskynlik nie geniet nie. Soek dus ’n Bybel met maklike, verstaanbare taal wat jou hart sal raak. Maar terselfdertyd moet dit ’n goeie en akkurate vertaling wees.a

Gebruik moderne tegnologie. Vandag is die Bybel nie net in gedrukte vorm beskikbaar nie, maar ook elektronies. Party Bybels kan op rekenaars, tablette of selfone afgelaai word, of jy kan dit aanlyn lees. Party weergawes sluit bykomende hulpmiddele in wat jy kan gebruik om ander Bybelverse oor dieselfde onderwerp vinnig na te gaan of om selfs verskeie vertalings met mekaar te vergelyk. Baie mense verkies dit om eerder na ’n opname van die Bybel te luister as dit in hulle taal beskikbaar is. Hulle geniet dit om na hierdie opnames te luister wanneer hulle van openbare vervoer gebruik maak, wasgoed doen, of besig is met iets anders waartydens jy na iets kan luister. Sal een van hierdie metodes vir jou werk?

Gebruik Bybelstudiehulpe. Bybelstudiehulpe kan jou help om baie meer uit jou Bybellees te kry. Daar is kaarte van Bybellande wat jou sal help om die plekke te vind waarvan jy lees en om gebeure beter te verstaan. Artikels soos dié in hierdie tydskrif of in die gedeelte “Bybelleringe” op die webwerf jw.org/af kan jou help om uit te vind wat baie van die gedeeltes in die Bybel beteken.

Probeer verskillende metodes. Dit kan baie oorweldigend wees as jy dit oorweeg om die hele Bybel deur te lees. Dalk kan jy begin deur eerder ’n gedeelte te lees waarin jy veral belangstel. As jy oor bekende persone in die Bybel wil leer, kan jy al die dele probeer lees wat met ’n sekere karakter verband hou. Daar is ’n voorbeeld van ’n metode wat jy kan gebruik in die bygaande venster “Delf in die Bybel deur die persone daarin te leer ken”. Of dalk wil jy die Bybel volgens onderwerp lees of in die volgorde waarin gebeure plaasgevind het. Probeer gerus een van hierdie metodes.

a Baie het gevind dat die Nuwe Wêreld-vertaling van die Heilige Skrif akkuraat en betroubaar is en dat dit maklik is om te lees. Hierdie Bybel wat deur Jehovah se Getuies vervaardig word, is in meer as 130 tale beskikbaar. Jy kan dit by die webwerf jw.org/af aflaai of jy kan die JW Library-app aflaai. Of Jehovah se Getuies kan ’n gedrukte eksemplaar na jou huis toe bring, as jy dit verkies.

DELF IN DIE BYBEL DEUR DIE PERSONE DAARIN TE LEER KEN

Party getroue vroue

Abigail

1 Samuel hoofstuk 25

Ester

Ester hoofstuk 2-5, 7-9

Hanna

1 Samuel hoofstuk 1-2

Maria

(Jesus se moeder) Matteus hoofstuk 1-2; Lukas hoofstuk 1-2; sien ook Johannes 2:1-12; Handelinge 1:12-14; 2:1-4

Ragab

Josua hoofstuk 2, 6; sien ook Hebreërs 11:30, 31; Jakobus 2:24-26

Rebekka

Genesis hoofstuk 24-27

Sara

Genesis hoofstuk 17-18, 20-21, 23; sien ook Hebreërs 11:11; 1 Petrus 3:1-6

Party uitsonderlike manne

Abraham

Genesis hoofstuk 11-24; sien ook 25:1-11

Dawid

1 Samuel hoofstuk 16-30; 2 Samuel hoofstuk 1-24; 1 Konings hoofstuk 1-2

Jesus

Die Evangelieverslae van Matteus, Markus, Lukas en Johannes

Moses

Eksodus hoofstuk 2-20, 24, 32-34; Numeri hoofstuk 11-17, 20, 21, 27, 31; Deuteronomium hoofstuk 34

Noag

Genesis hoofstuk 5-9

Paulus

Handelinge hoofstuk 7-9, 13-28

Petrus

Matteus hoofstuk 4, 10, 14, 16-17, 26; Handelinge hoofstuk 1-5, 8-12

BYBELSTUDIEHULPE WAT DEUR JEHOVAH SE GETUIES UITGEGEE WORD

  • JW.ORG—Hierdie webwerf bevat baie studiehulpe, insluitende die gedeelte “Antwoorde op Bybelvrae”. Dit bevat ook instruksies om die JW Library-app af te laai

  • “Sien die goeie land”—Hierdie brosjure bevat kaarte en foto’s van plekke wat in die Bybel genoem word

  • Insight on the Scriptures—’n Tweedelige Bybelensiklopedie in Engels met verduidelikings van mense, plekke en terme wat in die Bybel genoem word

  • “Die hele Skrif is deur God geïnspireer en is nuttig”—Hierdie vakkundige boek verduidelik wanneer, waar en waarom elke Bybelboek geskryf is en dit bevat ’n opsomming van elke boek

  • Die Bybel—God se woord of die mens s’n?—Hierdie klein, goed nagevorste boek ondersoek die bewyse wat toon waarom die Bybel daarop aanspraak kan maak dat dit die geïnspireerde Woord van God is

  • Die Bybel—Wat is die boodskap daarin?—’n Brosjure met 32 bladsye wat die Bybel se hooftema opsom

    Afrikaanse publikasies (1975-2025)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2025 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel