Nuwe program vir die spesiale byeenkomsdag
“Word . . . volgroeid in begripsvermoëns” is die tema van die nuwe program vir die spesiale byeenkomsdag wat in September 2000 begin (1 Kor. 14:20). Waarom sal dit vir ons nuttig wees om dit by te woon? Ons lewe in ’n wêreld vol slegtheid. Om weerstand hierteen te bied, moet ons ons geestelike begripsvermoëns ontwikkel sodat ons die kwaad met die goeie kan oorwin. Dit is wat die program vir die spesiale byeenkomsdag ons sal help om te doen.
In die openingsessie sal die kringopsiener “Hulpmiddele om volgroeid te word in ons begrip van die Bybel” bespreek. Hy sal verduidelik hoe ons standvastig kan word in die Christelike geloof. Die besoekende spreker sal beklemtoon hoe noodsaaklik die gebruik, of toepassing, van Bybelbeginsels is om skerp insig te ontwikkel, in sy bespreking van die tema “Beskerm jou geestelikheid deur jou waarnemingsvermoëns te oefen”.
Jongmense moet ook hulle begripsvermoëns ontwikkel. Dit sal bespreek word in die dele “Waarom ons klein kindertjies ten opsigte van slegtheid moet wees” en “Jongmense wat begrip verkry”. Luister hoe jongmense vertel wat hulle doen om hulleself geestelik te versterk sodat hulle enige nuuskierigheid oor die wêreld se goddelose bedrywighede kan beheers en probleme kan vermy.
Hoe sal ons die grootste geluk in die lewe vind? Die besoekende spreker sal dit verduidelik in die slottoespraak, “Vind daarby baat om Bybelbeginsels met begrip toe te pas”. Hy sal voorbeelde gee om te toon dat die toepassing van God se Woord ons help om probleme die hoof te bied, besluite te neem en waarlik baat te vind by wat Jehovah ons leer.
Diegene wat graag by die byeenkoms hulle toewyding aan God deur waterdoop wil simboliseer, moet die presiderende opsiener so gou as moontlik daarvan in kennis stel. Skryf die datum van die spesiale byeenkomsdag op jou kalender sodra dit aangekondig word, en tref definitiewe reëlings om by hierdie leersame program baat te vind. Moenie van enige deel van die spesiale byeenkomsdag af wegbly nie! Dit sal jou versterk sodat jy in hierdie bose stelsel kan volhard en getrou aan Jehovah kan bly.