Diensvergaderingrooster
Week wat begin met 10 September
10 min: Plaaslike aankondigings. Gekose Aankondigings uit Ons Koninkryksbediening.
13 min: Plaaslike behoeftes.
22 min: “Voer jy jou bediening deeglik uit?”a Bespreek paragrawe 1-3 met die gehoor en demonstreer dan twee kort tydskrifaanbiedings—gebruik die Ontwaak! van 8 September in die een demonstrasie en Die Wagtoring van 15 September in die ander. Bespreek paragraaf 4 en demonstreer dan die voorgestelde aanbieding van die Kennis-boek.
Lied 124 en slotgebed.
Week wat begin met 17 September
15 min: Plaaslike aankondigings. Rekeningverslag. “Dis in die Index.” Wys hoe om aanbiedings vir die Skepping-boek te vind.
15 min: Hoe het ons verlede jaar gevaar? Toespraak deur die diensopsiener. Hersien hoogtepunte van die gemeenterapport vir die 2001-diensjaar. Prys almal vir wat hulle bereik het. Vestig die aandag op hoe die gemeente gevaar het met vergaderingbywoning, met gereeldheid in velddiens en met die Bybelstudiewerk, en gee praktiese wenke om te verbeter. Stel bereikbare doelwitte vir die komende jaar.
15 min: Vraebus. ’n Toespraak. Hersien die gemeente se weeklikse rooster vir velddiensvergaderinge. Verduidelik hoe almal wat dit bywoon, tot ’n vrugbare bespreking by hierdie vergaderinge kan bydra. Moedig die gemeente aan om hierdie velddiensreëlings te ondersteun.
Lied 129 en slotgebed.
Week wat begin met 24 September
15 min: Plaaslike aankondigings. Moet deur die diensopsiener behartig word. Gebruik wenke in “Wat ons oor die tydskrifte kan sê” en demonstreer twee aanbiedings—gebruik die Ontwaak! van 22 September in die een demonstrasie en Die Wagtoring van 1 Oktober in die ander. Bespreek finale reëlings vir ontoegekende gebied. Spoor almal aan om ’n volle aandeel aan die ontoegekendegebied-kampanje te hê, aangesien Oktober die laaste maand van die kampanje is.
30 min: Wees lief vir God—nie vir die dinge van die wêreld nie (1 Joh. 2:15-17). Toespraak en gehoorbespreking om die program te hersien van die kringbyeenkoms wat die afgelope diensjaar gehou is. Vra verkondigers om kommentaar te lewer oor sleutelgedagtes wat hulle geleer het en hoe hulle dit persoonlik of as gesinne kon toepas. (Dele kan vooraf toegewys word.) Vestig die aandag op hierdie programdele: (1) “Liefde vir God motiveer ons in ons bediening.” Hierdie liefde help ons om negatiewe gevoelens die hoof te bied wat ons predikingswerk kan beperk—skugterheid, gevoelens van onbevoegdheid, mensevrees. (2) “Liefhebbers van Jehovah haat die kwaad” (w99-AF 10/1 28-31). As ons ’n verhouding met God wil hê, moet ons haat wat hy haat—nie net wat ooglopend sleg is nie, maar ook subtiele oortredings. (3) “Volg die allesoortreffende weg van die liefde” (w92-AF 7/15 27-30). Eerste Korintiërs 13:4-8 toon waarom ons geduldig die onvolmaakthede van ander verdra, nie egosentries en mededingend is nie, nie skadelike skinderpraatjies versprei nie en lojaal aan God se organisasie bly. (4) “Dinge in die wêreld—Hoe beskou ons dit?” Ons moenie die dinge in die wêreld liefhê nie, vir die begeertes van die vlees swig nie, deur die begeertes van die oë mislei word nie of ’n spoggerige vertoon van ons lewensmiddele maak nie. (5) “Afgeskeidenheid van die wêreld beskerm ons.” Tweede Korintiërs 6:14-17 toon hoe sekere opvattings, gewoontes en gebruike ons vir God onaanvaarbaar kan maak. Ons moet slaggate wat deur die Duiwel gebruik word, identifiseer en vermy. (6) “Goddelike beloftes vir diegene wat lief is vir God” (w86-AF 6/15 5-6). Jehovah se seën verbeter die gehalte van ons lewe en verryk ons geestelik.—1 Tim. 6:17-19.
Lied 133 en slotgebed.
Week wat begin met 1 Oktober
10 min: Plaaslike aankondigings. Teokratiese nuus. Herinner verkondigers daaraan om velddiensrapporte vir September aan hulle Gemeentelike Boekstudiehouers te gee.
15 min: Hoe kan ek beter vaar op skool? ’n Ouer man en sy vrou of ’n bedieningskneg en sy vrou praat met hulle skoolgaande kind. Hulle is bekommerd omdat die kind met sy skoolwerk sukkel. Hulle hersien raad in Jongmense vra, hoofstuk 18, en bespreek wat die kind moet doen om te verbeter. Ouers beklemtoon hoe belangrik dit is om ’n goeie basiese skoolopleiding te kry sodat ’n mens jou vermoë in heilige diens ten volle kan gebruik.
20 min: “Beperk dit jou predikingswerk?”b Beklemtoon hoe belangrik dit is om gebalanseerd te wees wat sekulêre werk betref en prioriteite te stel wat Koninkryksbelange in die eerste plek hou. Vra ’n paar gesinshoofde in die gemeente om te vertel hoe hulle die uitdaging die hoof bied om materieel vir hulle gesin te sorg sonder om hulle geestelike behoeftes te verwaarloos.
Lied 137 en slotgebed.
[Voetnote]
a Die inleiding moet korter as ’n minuut wees, gevolg deur ’n vraag-en-antwoord-bespreking.
b Die inleiding moet korter as ’n minuut wees, gevolg deur ’n vraag-en-antwoord-bespreking.