Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • km 4/03 bl. 2
  • Diensvergaderingrooster

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Diensvergaderingrooster
  • Ons Koninkryksbediening—2003
  • Onderhofies
  • Week wat begin met 14 April
  • Week wat begin met 21 April
  • Week wat begin met 28 April
  • Week wat begin met 5 Mei
Ons Koninkryksbediening—2003
km 4/03 bl. 2

Diensvergaderingrooster

Week wat begin met 14 April

Lied 20

15 min: Plaaslike aankondigings. Gekose Aankondigings uit Ons Koninkryksbediening. Bespreek kortliks die “Nuwe reëling vir Koninkryksaalbiblioteke”. Meld wie toesig sal hou oor die Koninkryksaalbiblioteek. Gebruik die wenke op bladsy 8 en hou twee afsonderlike demonstrasies van hoe Die Wagtoring van 15 April en die Ontwaak! van 22 April aangebied kan word. In elke demonstrasie moet albei tydskrifte as ’n stel aangebied word, al word die aandag net op een gevestig.

10 min: Vraebus. Toespraak deur ’n ouer man.

20 min: “Skyn as ligte.”a Sluit af met ’n toespraak van vyf minute wat gebaseer is op Die Wagtoring van 1 Junie 1997, bladsye 14-15, paragrawe 8-13. Beklemtoon waarom ons die Koninkryksboodskap geensins geheim hou nie.

Lied 134 en slotgebed.

Week wat begin met 21 April

Lied 25

10 min: Plaaslike aankondigings. Rekeningverslag. Spoor die gemeente aan om ’n spesiale poging aan te wend om Bybelstudente, onbedrywige verkondigers en alle belangstellendes te nooi na die spesiale toespraak hierdie Sondag, met die titel “Het die uur van Babilon se oordeel aangebreek?”

15 min: “Gebruik die Aanbid God-boek om Bybelstudies te hou.” Bespreking deur die diensopsiener of ’n ander bekwame ouer man. Verduidelik wie by ’n Bybelstudie in die Aanbid God-boek kan baat vind. Moedig verkondigers aan om die riglyne in hierdie artikel toe te pas. Laat ’n ouer man demonstreer hoe ’n Bybelstudie in hierdie boek begin kan word met iemand wat voorheen gestudeer het. Reël dat verkondigers enige opbouende ondervindinge vertel wat hulle geniet het toe hulle die Aanbid God-boek gebruik het.

20 min: “Maak plek daarvoor.”b Sluit ’n onderhoud in met een of twee verkondigers wat goed gebruik maak van hulle ongetroude lewe om Koninkryksbelange te bevorder. Laat hulle vertel wat hulle help om bevrediging uit hulle diens te put.

Lied 35 en slotgebed.

Week wat begin met 28 April

Lied 51

10 min: Plaaslike aankondigings. Herinner verkondigers daaraan om hulle velddiensrapporte vir April in te gee. Gebruik die wenke op bladsy 8 en hou twee afsonderlike demonstrasies oor hoe Die Wagtoring van 1 Mei en die Ontwaak! van 8 Mei aangebied kan word.

15 min: Hoe kan ons ons dae voor Jehovah laat tel? Toespraak gebaseer op Die Wagtoring van 15 November 2002, bladsy 20. Pas die inligting plaaslik toe. Moedig almal aan om hulle tyd en bates wyslik te gebruik om vir hulle geestelike doelwitte te stel.

20 min: “Herbesoeke lei tot Bybelstudies.”c Moet deur ’n ouer man behartig word met behulp van die vrae wat voorsien word. Nooi gehoor om kort velddiensondervindinge te vertel wat die punte onder bespreking staaf. Wanneer paragraaf 5 bespreek word, kan iemand demonstreer hoe hy ’n Bybelstudie in die plaaslike gebied begin het.

Lied 89 en slotgebed.

Week wat begin met 5 Mei

Lied 120

10 min: Plaaslike aankondigings. Hersien kortliks die wenke in Ons Koninkryksbediening vir April 2002, bladsy 2, in die deel “Ons planne vir die komende maande”, onder Week wat begin met 6 Mei.

20 min: Plaaslike behoeftes.

15 min: ’n Goeie berig—’n rede tot blydskap (Spr. 15:30). Gehoorbespreking van wat die gemeente bereik het as gevolg van hulle spesiale pogings gedurende Maart en April. Nooi gemeente om opbouende ondervindinge te vertel wat hulle gehad het toe hulle: (1) ’n belangstellende gehelp het om die Gedenkmaal by te woon, (2) as ’n hulppionier gedien het, (3) ’n onbedrywige verkondiger aangemoedig het om weer bedrywig te raak in die gemeente, (4) ’n nuweling gehelp het om ’n verkondiger te word en (5) teruggegaan het na belangstellendes wat die Gedenkmaal bygewoon het. Reël van hierdie kommentare vooraf. Prys die verkondigers en spoor almal aan om in die toekoms vol te hou met hierdie pogings.

Lied 126 en slotgebed.

[Voetnote]

a Die inleiding moet korter as ’n minuut wees, gevolg deur ’n vraag-en-antwoord-bespreking.

b Die inleiding moet korter as ’n minuut wees, gevolg deur ’n vraag-en-antwoord-bespreking.

c Die inleiding moet korter as ’n minuut wees, gevolg deur ’n vraag-en-antwoord-bespreking.

    Afrikaanse publikasies (1975-2027)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2026 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel