Rooster vir die week van 15 Julie
WEEK WAT BEGIN MET 15 JULIE
Lied 48 en gebed
□ Gemeentelike Bybelstudie:
jr hfst. 12 ¶1-7 (30 min.)
□ Teokratiese Bedieningskool:
Bybelleesgedeelte: Handelinge 18-21 (10 min.)
Nr. 1: Handelinge 20:17-38 (4 min. of minder)
Nr. 2: Sal Christus sigbaar op ’n wolk verskyn en dan die getroue Christene na die hemel wegvoer terwyl die wêreld toekyk?—rs bl. 431 ¶2–bl. 432 ¶1 (5 min.)
Nr. 3: Hoe kan ons toon dat ons die gees bedink?—Rom. 8:6 (5 min.)
□ Diensvergadering:
10 min: Bereik jou student se hart (Luk. 24:32). Bespreking gebaseer op hierdie vrae: (1) Waarom is dit belangrik om tydens ’n Bybelstudie die volgende te beklemtoon: (a) Jehovah se liefde en wysheid? (b) die waarde daarvan om Bybelbeginsels toe te pas? (c) die belangrikheid daarvan om altyd Jehovah se leiding te vra voordat ’n mens ’n besluit neem? (2) Hoe sal dit jou help om agter te kom of jy jou student se hart bereik as jy hom die volgende vrae vra? (a) Klink dit vir jou redelik? (b) Dink jy dat dit in ooreenstemming met God se liefde is? (c) Hoe sal jy daarby baat vind om hierdie raad toe te pas?
20 min: “Jong broers, streef julle na diensvoorregte?” Vrae en antwoorde. Voer ’n kort onderhoud met ’n ouer man of ’n bedieningskneg wat as ’n jongmens na diensvoorregte gestreef het. Watter toewysings en opleiding het hy ontvang voordat hy as ’n bedieningskneg aangestel is? Hoe het ander in die gemeente hom gehelp om geestelike vooruitgang te maak? Watter seëninge het hy geniet omdat hy na diensvoorregte gestreef het?
Lied 85 en gebed