’n Persoonlike uitnodiging
1. Wanneer sal die kampanje begin om mense na die streekbyeenkoms uit te nooi?
1 As jy beplan om ’n spesiale maaltyd vir familielede of vriende voor te berei, en dit jou baie moeite en geld sal kos, sal jy waarskynlik baie opgewonde wees om hulle uit te nooi. Baie moeite is eweneens gedoen om die geestelike feesmaal voor te berei wat ons tydens ons komende streekbyeenkoms sal geniet. Jehovah gee ons die voorreg om mense drie weke voor die tyd na ons byeenkoms uit te nooi. Wat sal ons help om die uitnodigings geesdriftig te versprei?
2. Wat sal ons beweeg om ’n volle aandeel aan die kampanje te hê?
2 As ons met waardering nadink oor hoeveel ons al persoonlik baat gevind het by die verkwikkende opleiding wat Jehovah tydens ons byeenkomste voorsien, sal dit ons beweeg om ’n volle aandeel aan die kampanje te hê (Jes. 65:13, 14). Ons moet ook in gedagte hou dat ons jaarlikse kampanje resultate oplewer. (Sien die venster “Dit lewer resultate op”.) Party van die mense wat ons uitnooi, sal die byeenkoms saam met ons bywoon, en ander sal nie. Maar ongeag hoeveel mense reageer, ons ywerige pogings gedurende die kampanje verheerlik Jehovah en weerspieël sy vrygewigheid.—Ps. 145:3, 7; Op. 22:17.
3. Hoe sal die uitnodigings versprei word?
3 Elke liggaam van ouer manne moet besluit hoe die gemeente die uitnodigings by soveel mense as moontlik kan laat en of dit by nietuise gelaat kan word of in die openbare getuieniswerk in hulle gebied versprei kan word. Oor naweke moet die tydskrifte saam met die uitnodiging aangebied word wanneer dit gepas is. Hoe bly sal ons tog ná die kampanje wees as ons weet dat ons geesdriftig daaraan deelgeneem het en dat soveel mense as moontlik die geestelike feesmaal wat Jehovah voorsien het, saam met ons kon geniet!