Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • ijwbv artikel 9
  • Jesaja 42:8 – “EK is die HERE”

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Jesaja 42:8 – “EK is die HERE”
  • Verduidelikings van Bybelverse
  • Onderhofies
  • Soortgelyke materiaal
  • Betekenis van Jesaja 42:8
  • Konteks van Jesaja 42:8
  • God se naam
    Ontwaak!—2017
  • Jehovah
    Redenering uit die Skrif
  • Hoeveel name het God?
    Antwoorde op Bybelvrae
  • Romeine 10:13 – ‘Roep die Naam van die Here aan’
    Verduidelikings van Bybelverse
Sien nog
Verduidelikings van Bybelverse
ijwbv artikel 9

VERDUIDELIKINGS VAN BYBELVERSE

Jesaja 42:8 – “EK is die HERE”

“Ek is Jehovah. Dit is my naam. Ek gee my heerlikheid aan niemand anders nie, en ook nie my lof aan beelde nie.” – Jesaja 42:8, Nuwe Wêreld-vertaling.

“EK is die HERE, dit is my Naam; en my eer sal Ek aan geen ander gee, of ook my lof aan die gesnede beelde nie.” – Jesaja 42:8, Ou Afrikaanse Bybelvertaling (1953).

Betekenis van Jesaja 42:8

God sê vir ons wat sy persoonlike naam is en hy sê ook dat hy nie sy lof of eer met afgode deel nie.

God het homself hierdie persoonlike naam gegee, wat oor die algemeen vertaal word met “Jehovah” in Afrikaans (Eksodus 3:14, 15).a Alhoewel God se naam amper 7 000 keer in die Ou Testament (Hebreeus-Aramese Geskrifte) verskyn, het baie vertalings dit met die titel “HERE” (in hoofletters) vervang. ’n Voorbeeld hiervan is in Psalm 110:1, wat profeties na Jehovah sowel as Jesus verwys. In die Ou Afrikaanse Bybelvertaling (1953) lees ons: “Die Here [Jehovah] het gespreek tot my Here [Jesus]” (Handelinge 2:34-36). Die Nuwe Wêreld-vertaling verwyder enige moontlike verwarring tussen die twee “Here” deur God se naam op die regte plek te sit. Dit sê: “Jehovah het vir my Here gesê: ‘Sit aan my regterhand totdat ek jou vyande ’n voetbank vir jou voete maak.’”

Baie geleerdes dink dat God se naam “Hy laat word” beteken. Hierdie naam kan net van toepassing wees op die ware God omdat hy alleen homself of sy skepping kan laat word wat ook al nodig is om sy doel te bereik.

As ons Skepper en die enigste ware God, verdien Jehovah ons uitsluitlike toegewydheid. Niks en niemand is geregtig op ons aanbidding nie, en dit sluit afgode en beelde in. – Eksodus 20:2-6; 34:14; 1 Johannes 5:21.

Konteks van Jesaja 42:8

Aan die begin van Jesaja hoofstuk 42 het Jehovah die werk van “die een wat [hy] uitgekies het”, voorspel. God het gesê dat hierdie goedgekeurde kneg “geregtigheid vir die nasies [sal] bring” (Jesaja 42:1). God het oor daardie belofte gesê: “Nou kondig ek nuwe dinge aan. Voordat dit gebeur, vertel ek julle daarvan” (Jesaja 42:9). Die profesie oor “die een wat uitgekies” is, het eeue later waar geword toe die Messias, of Christus, gekom het en sy aardse bediening uitgevoer het. – Matteus 3:16, 17; 12:15-21.

a God se naam in Hebreeus bestaan uit vier konsonante, wat gewoonlik in Afrikaans geskryf word as JHWH. In Afrikaans word God se naam soms as “Jahweh” weergegee. Vir meer inligting kyk na “God se naam in die Hebreeuse Geskrifte” in Aanhangsel A4 in die Nuwe Wêreld-vertaling van die Bybel.

Lees Jesaja hoofstuk 42 saam met verduidelikende voetnote en kruisverwysings.

    Afrikaanse publikasies (1975-2025)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2025 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel