Lied 32
Wees standvastig, onbeweeglik!
1. Daar is probleme die heel wêreld deur.
Mense is bang vir wat dalk sal gebeur.
Sterk, onbeweeglik moet ons altyd wees;
Dien God in waarheid en gees.
(REFREIN)
Standvastig moet ons dan bly,
Trou hierdie wêreld vermy;
Laat ons dus deurentyd leef in onkreukbaarheid.
2. Satan probeer God se knegte verlei,
Maar met Gods hulp sal ons staande kan bly.
As ons Gods Woord as die waarheid aanvaar,
Sal hy ons veilig bewaar.
(REFREIN)
Standvastig moet ons dan bly,
Trou hierdie wêreld vermy;
Laat ons dus deurentyd leef in onkreukbaarheid.
3. Ons dien Jehovah met hart, siel en krag.
Skouer aan skouer werk ons dag en nag.
Laat ons die Koninkryksnuus bly versprei,
Gou is dié stelsel verby.
(REFREIN)
Standvastig moet ons dan bly,
Trou hierdie wêreld vermy;
Laat ons dus deurentyd leef in onkreukbaarheid.
(Sien ook Luk. 21:9; 1 Pet. 4:7.)