LIED 90
Bemoedig mekaar
1. Vandag moet ons mekaar bemoedig,
dan sal ons God getrou bly dien.
Dit lei tot liefde en tot eenheid
soos ons by God se knegte sien.
Opregte, broederlike liefde
gee krag en moed om voort te gaan.
Ons word versterk in die gemeente,
’n ware toevlug bied dit aan.
2. Hoe aangenaam is goeie woorde
gespreek net op die regte tyd!
Die troos en hulp van ware vriende
verlig ons pyn of treurigheid.
Terwyl ons met ons broers bly saamwerk,
verleen ons hulp nog voor hul vra.
Want dit vervul die wet van Christus
as ons mekaar se laste dra.
3. Namate ons Gods dag sien nader,
moet ons voortdurend seker maak
dat ons nie ons vergad’rings nalaat
of God se goeie weg verlaat.
Verenig met ons broers en susters,
wil ons Jehovah altyd dien.
Laat ons mekaar dus bly bemoedig,
dan sal ons saam die lewe sien.
(Sien ook Luk. 22:32; Hand. 14:21, 22; Gal. 6:2; 1 Tess. 5:14.)