“’n Rowerspelonk”
● Toe hy geldwisselaars en verkopers van offerdiere uit die tempelterrein uitgejaag het, het Jesus Christus gesê: “Daar is geskrywe: My huis moet ’n huis van gebed genoem word. Maar julle het dit ’n rowerspelonk gemaak” (Matt. 21:13). Aldus het Jesus inderdaad die geldwisselaars en diegene wat offerdiere verkoop het ‘rowers’ genoem. Dit gee te kenne dat hulle buitensporige profyte gemaak het. Die Joodse Misjna toon dat Jesus nie oordryf het nie. Dit vertel van die tyd toe ’n paar duiwe vir ’n goue denar of vyf-en-twintig silwer-denars verkoop is. Hierdie buitensporige prys het Simeon die seun van Gamaliël beweeg om by die tempel te sweer en te sê: “Voor die nag om is, sal ek sorg dat hulle net ’n [silwer]denar kos.” Dit beteken blykbaar dat duiwe verkoop is teen ’n prys wat vyf-en-twintig maal hoër was as wat hulle inderdaad werd was. Dit was beslis “roof”.