Studievrae vir die brosjure Hoe kan bloed jou lewe red?
Op plekke in hierdie studies word daar na die aanhangsel op bladsye 27-31 verwys. Kommentare oor die paragrawe in die aanhangsel kan in die studie ingesluit word, en sulke paragrawe kan gelees word indien die tyd dit toelaat.
EERSTE WEEK
Bladsy 2
1-4. Waarom is dit nou gepas om te bespreek hoe bloed lewens kan red? (Sien bladsy 27, paragrawe 1-3.)
Bladsy 3
1, 2. Waarom is dit natuurlik om lewe te beskou asof dit verband hou met bloed, en hoe is God by hierdie saak betrokke?
3, 4. Waarom moet ons belangstel in wat God oor bloed te sê het?
5. Om watter rede moet ons aandag skenk aan Genesis 9:3-6, en wat beteken daardie gedeelte?
6. Wat was die Israeliete verplig om ten opsigte van bloed te doen?
Bladsy 4
1, 2. Hoe het God se wette eertydse Israel tot voordeel gestrek, maar wat was die hoofrede waarom Israel bloed vermy het?
3. Hoe is die wet oor bloed in ’n noodgeval beskou?
Bladsy 5
1, 2. Watter voorbeeld het Jesus aangaande die wet op bloed gestel?
3, 4. (a) Wat het ’n apostoliese raad oor Christene en bloed besluit? (b) Hoe weet ons of dit bloot ’n tydelike verordening was dat hulle hul van bloed moes onthou?
5. Hoe belangrik was dit volgens Jesus se apostels om bloed te vermy?
6, 7. Watter bykomende bewys toon dat die verordening oor bloed ’n permanente vereiste was?
Bladsy 6
1, 2. Hoe was bloed in voorchristelike tye as geneesmiddel gebruik?
3. Hoe het vroeë Christene in die Romeinse tye op die gebruik van bloed, selfs as geneesmiddel, gereageer?
4-6. (a) Hoe het die gebruik van bloedoortappings begin? (b) Waarom sou dit, met die oog op God se wet, verkeerd wees om bloed in die are oor te tap?
7. Waarom weier Jehovah se Getuies bloedoortappings? (Sien bladsy 27, paragrawe 4-6, en bladsy 28, paragraaf 1.)
Bladsy 7
1. Hoewel die vernaamste rede waarom Christene oortappings vermy godsdienstig van aard is, waarom moet ons die mediese aspekte van bloedterapie ondersoek?
TWEEDE WEEK
Bladsy 7
2, 3. Watter plek beklee bloedoortappings in die moderne geneeskunde?
4, 5. Waarom is dit redelik om te bespreek of oortappings gevaarlik is?
Bladsy 8
1. Wat is dit verstandig om oor bloedoortappings te vra?
2, 3. Waarom is bloedgroepering en kruistoetsing kritiek maar nie noodwendig voldoende nie?
4, 5. Hoe kan ’n bloedoortapping immunologiese probleme veroorsaak?
6, 7. Watter skade kan bloedoortappings ná kankerchirurgie doen?
Bladsy 9
1. Wat is die betekenis van die bewyse oor bloedoortappings en kankerchirurgie?
2, 3. Watter ander immunologiese skade kan oortappings veroorsaak?
4, 5. Waarom moet mense bewus wees van die gevaar dat hulle siektes van oortappings kan opdoen?
Bladsy 10 (Venster)
1, 2. Hoe groot is die risiko dat ’n oortapping hepatitis kan oordra?
3. Waarom het dit op een stadium gelyk of die risiko om hepatitis van bloed te kry uit die weg geruim word?
4, 5. Watter gebeure het bewys dat die gevaar om hepatitis van bloed te kry steeds nie geïgnoreer moes word nie?
6-8. Waarom is kommer oor hepatitis nie iets van die verlede nie?
Bladsy 11
1. Wat kan illustreer dat die siekterisiko van bloed nie besig is om te verdwyn nie?
2-4. Hoe kan bloed iemand blootstel aan siektes wat nie algemeen in sy gebied is nie? (Sien ook venster, bladsy 11.)
5-7. Hoe het die Vigs-pandemie getoon dat nuwe, dodelike siektes met bloed verband kan hou?
Bladsy 12
1, 2. Waarom is die gebruik van toetse om teenliggaampies teen die Vigs-virus op te spoor steeds nie ’n waarborg dat bloed sonder risiko is nie?
3-5. Waarom is die bedreiging van die Vigs-virus nie die einde van die saak nie?
6, 7. Waarom is deskundiges met reg besorg oor bloedgedrae virusse?
DERDE WEEK
Bladsy 13
1, 2. Wie wil kwaliteits- mediese behandeling hê, en wat sluit dit in?
3-5. Hoe kan jy toon dat daar alternatiewe vir bloedoortappings is?
6-8. Op watter stadiums is bloed dikwels oorgetap, maar waarom is hierdie gebruik ongegrond?
Bladsy 14
1. Wat toon dat ’n mens met hemoglobienvlakke wat laer as normaal is, kan klaarkom?
2, 3. Wat is nodig in gevalle van skielike bloedverlies, en hoe kan die probleem te bowe gekom word?
4. Waarom is bloedlose volume-vervangingsvloeistowwe doeltreffend?
5. Hoe kan geneeshere ’n pasiënt help wat rooi selle verloor het?
Bladsy 15
1. Wat kan gedoen word om die vorming van rooi selle te bespoedig?
2-4. Hoe kan bloedverlies tydens chirurgie tot ’n minimum beperk word?
Bladsy 16
1-3. Watter getuienis toon dat groot operasies sonder oortappings moontlik is?
4-6. Watter wye reeks operasies is moontlik sonder om bloed te gebruik? (Sien bladsy 28, paragrawe 2-4.)
Bladsy 17
1. Watter goeie resultate is behaal met hartchirurgie waar bloed nie toegedien is nie?
2-4. Hoe dra Getuiepasiënte self by tot die uitstekende uitslag wat dikwels met bloedlose chirurgie ondervind word?
VIERDE WEEK
Bladsy 17
5, 6. Wat is risiko/voordeelontleding, en hoe werk dit?
Bladsy 19
1, 2. Watter rol speel die pasiënt in risiko/voordeelontleding?
3-5. Waarom word bloedterapie gepas ingesluit wanneer die risiko’s en voordele opgeweeg word? (Sien bladsy 31, paragrawe 1, 2.)
6. Op watter regsbeginsel berus jou reg om mediese terapieë te kies? (Sien bladsy 30, paragrawe 1-8.)
Bladsy 18 (Venster)
1-4. Wat doen Getuiepasiënte om mediese personeel van vrees vir regsaanspreeklikheid te bevry? (Sien bladsy 28, paragraaf 5.)
5-7. Waarom is dit redelik dat dokters en hospitale hulle samewerking gee, met die oog op wat die Getuies sal doen om hulle van vrees vir regsaanspreeklikheid te bevry?
Bladsy 20
1-3. Hoe het party mediese personeellede op die Getuies se standpunt gereageer?
4, 5. Hoe is dit dat die howe by party sake van Getuiepasiënte betrokke geraak het?
Bladsy 21
1, 2. Waarom is toevlug na die hof nie die beste manier om sake te behartig waarby Getuies en bloed betrokke is nie?
3, 4. Om watter redes is dit onvanpas dat mense hulle na die howe wend al is die pasiënt ’n kind?
5, 6. Watter ouerlike reg geld wanneer behandeling vir kinders gekies word? (Sien bladsy 28, paragraaf 6, en bladsy 29, paragraaf 1.)
7-bl. 22, par. 3. Wat is party regsaanduidings dat ouers vry behoort te wees om mediese besluite vir hulle kinders te neem?
Bladsy 22
4. Waarom moet daar samewerking tussen Getuies en mediese personeellede wees?
VYFDE WEEK
Bladsy 22
5, 6. Watter sleutelgedagtes moet jy in gedagte hou oor bloed en ’n Getuie se versoek om bloedlose mediese behandeling?
Bladsy 23
1-3. Wat moet ons nie ignoreer nie, selfs al sterf party omdat hulle bloed weier? (Sien bladsy 29, paragrawe 2-5, en bladsy 31, paragrawe 3-5.)
4, 5. Wat is ’n realistiese beskouing van die dood en bloed?
Bladsy 24
1, 2. Wat kan ons help besef in watter opsig bloed werklik lewensreddend is?
3, 4. Wat was in voorchristelike tye God se beskouing oor bloed, en waarom?
Bladsy 25
1. Watter rol het bloed op die Versoendag gespeel, en waarom moet ons daarin belangstel?
2, 3. Watter verband is daar tussen die Versoendag en Jesus se rol?
4. (a) Wat is die hoofrede waarom Christene hulle van bloed onthou? (b) Waarom moet ons die gevare van bloedoortappings nie te veel beklemtoon nie?
5, 6. (a) Hoe hou bloed verband met ons verhouding met God? (b) Watter leerstelling, wat ons standpunt oor bloed ten grondslag lê, moet ons begryp?
7. Waarom kan ons sê dat die Getuies se standpunt oor bloed eerbied vir die lewe toon?
Bladsy 26
1, 2. Hoe hou bloed met ons ewige toekoms verband?