Die nuwe program vir die spesiale byeenkomsdag
1 Die program vir ons spesiale byeenkomsdag wat in September begin, sal die volgende tema hê: “Hou aan om van die waarheid te getuig.” Die hele program sal die aandag vestig op die voorbeeld wat Jesus ons nagelaat het en hoe hy elke geleentheid benut het om die waarheid aan ander te verkondig. Dit sal ons verantwoordelikheid beklemtoon om Christus as sy dissipels na te volg deur van die waarheid te getuig.—1 Kor. 11:1.
2 Die rol wat die gemeente in die bevordering van die waarheid speel, sal bespreek word. Die nodigheid daarvan om ons tydskrifte en ander publikasies goed te gebruik, sal ook beklemtoon word.
3 Die titel van die hooftoespraak deur die besoekende spreker is: “Wat word bereik deur van die waarheid te getuig?” (Joh. 8:32). Die program vir hierdie spesiale byeenkomsdag sal beslis ons waardering vir die waarheid vergroot en ons almal help om standvastig te bly en ‘vas te staan in die waarheid’.—2 Pet. 1:12; 1 Kor. 15:58.