Donderdag 23 April
Christus Jesus het in die wêreld ingekom om sondaars te red. – 1 Tim. 1:15.
Stel jou voor dat jy vir iemand vir wie jy lief is, ’n spesiale geskenk gee wat pragtig en prakties is. Jy sal teleurgesteld wees as daardie persoon dit net wegpak en nie weer daaraan dink nie! Aan die ander kant, sal jy baie bly wees as hy of sy goed gebruik maak van jou geskenk en jou bedank daarvoor. Wat is die punt? Jehovah het sy Seun gegee om vir ons te sterf. So dit maak Jehovah baie bly wanneer ons wys dat ons dankbaar is vir daardie kosbare geskenk en vir sy liefde, wat hom beweeg het om die losprys te voorsien! (Joh. 3:16; Rom. 5:7, 8). Maar met verloop van tyd kan ons die geskenk van die losprys as vanselfsprekend begin aanvaar. Dit sou wees asof ons God se geskenk wegpak. Ons is bly om dit te hê, maar ons hou dit iewers waar ons dit nie kan sien nie. Om te keer dat dit gebeur, moet ons gereeld nadink oor alles wat God en Christus vir ons gedoen het. w25.01 26 ¶1-2
20-26 APRIL
JESAJA 54-55
Lied 86 en gebed | Inleidende kommentaar (1 min.)
1. Hoeveel is jy bereid om te betaal?
(10 min.)
Jehovah het belowe om sy kinders te leer (Jes 54:13; w09 9/15 21 ¶3)
Ons moet waarheid met ons tyd koop (Jes 55:1, 2; w18.11 4 ¶6-7)
Dit vat moeite om mooi te luister, maar ons lewe hang daarvan af (Jes 55:3; be 14 ¶2-4)
VRA JOU AF: ‘Hoe kan ek my persoonlike studiegewoontes verbeter?’
2. Geestelike skatte
(10 min.)
Jes 54:17 – Aan watter drie belangrike feite herinner die eerste deel van hierdie vers ons? (w19.01 6 ¶14-15)
Watter geestelike skatte het jy in hierdie week se Bybelleesgedeelte gekry wat jy graag wil deel?
3. Bybelleesgedeelte
(4 min.) Jes 54:1-10 (th studie 11)
4. Begin ’n gesprek
(2 min.) HUIS TOT HUIS. Deel ’n waarheid uit Aanhangsel A van die Wees lief vir mense-brosjure (lmd les 1: Punt 4).
5. Begin ’n gesprek
(2 min.) OPENBARE GETUIENISWERK. Deel ’n waarheid uit Aanhangsel A van die Wees lief vir mense-brosjure (lmd les 2: Punt 3).
6. Volg op
(2 min.) OPENBARE GETUIENISWERK. Gee vir die persoon ’n kontakkaartjie (lmd les 9: Punt 3).
7. Toespraak
(5 min.) be 28 ¶3–31 ¶2 – Tema: Hoe om te studeer (th studie 14).
Lied 97
8. Laat niks jou keer om persoonlike studie te doen nie
(15 min.) Bespreking.
Daar is baie uitdagings om by ’n gereelde roetine van persoonlike studie te bly. Stel jou voor dat jy ’n broer probeer aanmoedig wat sukkel om by ’n goeie roetine van persoonlike studie en daaglikse Bybellees te bly. Hy sê dat die volgende dinge vir hom ’n uitdaging is. Skryf vir elkeen ’n praktiese voorstel, Bybelbeginsel of ’n verwysing van ’n publikasie neer wat hom kan help.
“Ek lees nie goed nie”
“Ek geniet dit nie om te studeer nie”
“Ek weet nie waar in die Bybel om te begin nie of hoeveel ek elke dag moet lees nie”
“Daar is so baie materiaal! Wat moet ek elke week probeer studeer?”
“My skedule is so vol dat dit moeilik is om tyd te vind om te studeer”
“Ek sukkel om te konsentreer en soms vergeet ek wat ek nou net gelees het”
Speel die VIDEO Doeltreffende persoonlike studie. Vra dan vir die gehoor:
Watter voorstelle oor hoe om persoonlike studie meer effektief te maak, het jy geniet?
9. Gemeentelike Bybelstudie
(30 min.) lfb les 78-79