Maandag 18 November
Julle [moet] almal . . . tere medelye hê. — 1 Pet. 3:8.
Dit beteken nie dat jy altyd medelydend moet wees nie. Byvoorbeeld, koning Saul het dalk gedink dat hy medelydend was toe hy Agag, ’n vyand van God se volk, nie doodgemaak het nie. Omdat Saul ongehoorsaam was, het Jehovah hom as koning verwerp (1 Sam. 15:3, 9, 15). Jehovah is die regverdige Regter. Hy weet wat in ons harte is en wanneer om medelydend te wees (Klaagl. 2:17; Eseg. 5:11). Binnekort gaan hy almal oordeel wat nie gehoorsaam aan hom wil wees nie (2 Tess. 1:6-10). Wanneer dit gebeur sal Jehovah nie medelydend wees teenoor die goddeloses nie. Deur hulle te vernietig, wys hy dat hy medelydend is teenoor die gehoorsame mense, wat hy gaan red. Dit is nie ons werk om te besluit wie vernietig en wie gered moet word nie. Ons moet eerder alles in ons vermoë doen om mense te help. w17.09 10-11 ¶10-12
18-24 November
OPENBARING 1-3
Lied 15 en gebed
Inleidende kommentaar (3 min. of minder)
SKATTE UIT GOD SE WOORD
“Ek ken jou dade”: (10 min.)
[Speel die video Inleiding tot Openbaring.]
Op 1:20 – Jesus is ten volle in beheer van die liggame van ouermanne (w12 10/15 14 ¶8)
Op 2:1, 2 – Jesus weet wat in elke gemeente gebeur (w12 4/15 29 ¶11; w01 1/15 20-21 ¶20)
Soek na geestelike skatte: (8 min.)
Op 1:7 – Hoe en wanneer sal elke oog Jesus sien “kom met die wolke”? (kr 226 ¶10)
Op 2:7 – Wat beteken dit om van “die boom van die lewe te eet, wat in die paradys van God is”? (w09 1/15 31 ¶1)
Wat het hierdie week se Bybelleesgedeelte jou oor Jehovah geleer?
Watter ander geestelike skatte het jy in hierdie week se Bybelleesgedeelte ontdek?
Bybelleesgedeelte: (4 min. of minder) Op 1:1-11 (th studie 5)
LÊ JOU TOE OP DIE VELDBEDIENING
Eerste herbesoek, video: (5 min.) Speel en bespreek die video.
Eerste herbesoek: (3 min. of minder) Gebruik die voorgestelde gesprek (th studie 2).
Eerste herbesoek: (5 min. of minder) Begin met die voorgestelde gesprek. Noem en bespreek dan die video Waarom moet jy die Bybel studeer?, maar moenie die video speel nie (th studie 3).
DIE CHRISTELIKE LEWENSWYSE
“Jehovah weet wat ons nodig het”: (15 min.) Bespreking. Speel die video Verslag van die Onderrigtingskomitee – 2017.
Gemeentelike Bybelstudie: (30 min.) cf hfst. 16 ¶15-20, venster op bl. 171
Hersiening gevolg deur ’n oorsig van volgende week se vergadering (3 min.)
Lied 109 en gebed